Wat kan vleisprodusente vanjaar verwag?

Minette Brink
Namibië is in 2013 deur ‘n erge droogte en in 2014 het onredelike dieregesondheidsregulasies die uitvoer van speenkalwers na Suid-Afrika tot stilstand gedwing.
Wat hou 2015 vir die land se lewendehaweprodusente in? Paul Strydom van die Vleisraad en Mecki Schneider van die LPO is aan die woord:

Paul Strydom, hoofbestuur van die Vleisraad
Bemarking en prestasie van die vleisbedryf is totaal afhanklik van die hoeveelheid reënval gedurende die reënseisoen.
Die jaar het afgeskop met uiters hoë temperature en min tot geen of uiters wisselvallige reënval. Die reënseisoen is egter nog aan die beginstadium met internasionale reënvoorspellings wat wys op ‘n normale reënvalseisoen. Die bogemiddelde reënval gedurende 2014 het welkome verligting gebied, maar die nasionale kudde het hoegenaamd nog nie na vorige vlakke herstel nie en met goeie neerslae sal die kuddeboufase voortduur, en pryse sal bly styg, maar met lae neerslae sal verdere buitengewone bemarking plaasvind en pryse minder styg.
Internasionale tendense dui aan dat vleispryse oor die algemeen met ongeveer 4-7% gaan styg, wat op plaaslike vlak ten minste ‘n inflasiestyging gaan verteenwoordig.
Min uitdagings word op die oomblik internasionaal ervaar, maar dit is tog belangrik om bedag te wees op sekere vraagstukke soos die moontlike uitbreking van handelsbeperkende siektes, die korrekte merk van vleis aan die verbruiker, voedselveiligheid en dierewelsyn. Indien in ag geneem word dat voedselsekerheid wêreldwyd al belangriker gaan word en Afrika een van die min vastelande is waar voedselproduksie verhoog kan word, moet Namibië sy bevoorregte posisie om vleis as proteïenbron te kan uitvoer, handhaaf en daarop verbeter.
‘n Baie beduidende invloed op die uitkoms van die vleisbedryf is die daarstelling en toepassing van regeringsbeleid en ‘n doeltreffende staatsdiens.
Industrialisasie is om verskeie redes die hoofdoelwit van die regering, waarvan die belangrikste werkskepping is. Die uitdaging is om saam met alle belanghebbendes in die waardeketting die regering te help om die proses reg te implementeer. Beperkende heffings op die uitvoer van enige rouprodukte, nie net op lewende hawe nie, sal ingestel en gehandhaaf word om industrieë te beskerm. Met die regerende party nog steeds aan die bewind, word geen groot veranderings in hierdie beleid voorsien nie.
Om groei in die vleisbedryf te bewerkstellig sal die Vleisraad saam met rolspelers in die bedryf die volgende geleenthede gedurende 2015 aanspreek:
Handhawing van lewende hawe uitvoere na SA
Suid-Afrika is die belangrikste mark vir Namibië aangesien dit naby is.
In ‘n minder mate word Angola, die Demokratiese Republiek van Kongo en Zambië ook bedien. Die Suid-Afrikaanse minister van landbou, water en visserye het met die opheffing van die onlangse invoerbeperkings aangedui dat ‘n behoorlike konsultasieproses deur die Suid- Afrikaanse vleisbedryf gevolg moet word.
Die proses het nog nie begin nie en proaktiewe stappe word deur die Vleisraad saam met die Direktoraat Veeartsenydienste en ander rolspelers gedoen om die nodige stawingsdokumente ter voorbereiding van die konsultasieproses op te stel en om verder te verseker dat lewende hawe uitvoere voldoen aan die voorwaardes van die in- en uitvoerpermitte tussen die twee lande.

Verbetering van dieregesondheidstatus noord van veterinêre kordonheining
Verskeie studies wat hieroor gedoen is, wys op die belangrikheid daarvan om ‘n heining op die grens met Angola te bou om die streek se dieregesondheidstatus te verhoog.
Indien die studies en voorstelle goedgekeur word, sal dit in die toekoms ‘n uiters voordelige ekonomiese inspuiting vir beeshandel in die streek teweeg bring. Die hoop is dat die regering so spoedig moontlik hieroor ‘n besluit sal neem.

Verkryging van alternatiewe markte
Die behoud van Namibiese markte en die verkryging van alternatiewe markte is ‘n fokusarea wat beslis gedurende die jaar aandag sal geniet.
Dit is belangrik om daarop te let dat dat bogenoemde aksies nie noodwendig binne die besluitnemingsmagte van die Vleisraad val nie. Die Vleisraad speel ‘n belangrike aanvullende rol om die regering by te staan. Die verkryging van marktoegang vir been-in lamsvleisuitvoere na die Europese Unie (EU) bly steeds op die agenda, ‘n verhoging van die Noorweegse kwota sal onderhandel moet word met die Noorweegse regering, afhandeling van ooreenkomste deur die Direktoraat Veeartsnydienste met die VSA, Rusland, Hongkong en China moet bereik word en internasionale toegang vir beesvleisuitvoere vanuit die Zambezistreek moet met potensiële invoerlande onderhandel word.
Opsommend: Met ‘n redelike stabiele politieke-, produksie- en bemarkingsomgewing in die vooruitsigte is daar baie om oor optimisties te wees en kan alle energie gefokus word op die verbetering van die bemarkingsomgewing – ‘n aspek wat die afgelope jare nie die nodige aandag geniet het nie.

Mecki Schneider, voorsitter van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) – PLAAS SY FOTO HIER
Die LPO het tydens sy beplanningsessie in November 2014 reeds die riglyne en aktiwiteite vir 2015 neergepen.
Alle aktiwiteite van die LPO is gegrond op twee strategiese doelwitte, naamlik om maksimum wins vir die boer te verseker en om 'n goeie verhouding met alle rolspelers in die bedryf te handhaaf ten einde die hele waardeketting van ons produk meer suksesvol te maak.


Produksie
Tans is een van die hoogste prioriteite om produksie van lewende hawe te verhoog en daardeur die winsgewendheid van die lewendehawebedryf te bevorder.
Veeboere is finansieel 40% slegter daaraan toe as in 2006. Dit beteken dat boere onder dieselfde produksie omstandighede meer doeltreffend sal moet boer. Die agendapunte wat in die bereiking hiervan aandag sal geniet, is weiveldbestuur, die beheer van probleemdiere, ontbossingaksies, die bekamping van geslagsiektes by vee, insetkostebesparing en die algemene verbetering van boerderybestuurpraktyke (veral ten opsigte van finansiële-, kudde-, weiveld- en arbeidsbestuur). Inligting vir die Produksiekoste Indeks van die LPO sal voortdurend aandag geniet.
Uitvoere
Die uitvoerbepalings vir lewende hawe na Suid-Afrika wat verlede jaar ’n impak op ons uitvoere gehad het, sal verdere aandag geniet. Maar weë sal gevind moet word om toenemend van speenkalfproduksie na osproduksie oor te skakel en dit het veral finansiële implikasies wat aangespreek moet word. Duidelikheid oor dieregesondheidsmaatreëls binne die Suider-Afrikaanse konteks moet verkry word om die handel van lewendehawe te verseker.
Bemarking
Die kleinveebemarkingskema se uitvoerverhouding is steeds nie wat ons graag wil hê nie.
Dit is ten spyte van ’n gesamentlike bedryfsvoorstel oor toekomstige kleinveebemarking wat aan die regering gemaak is. Die leisels vir duidelikheid hieroor sal weer opgeneem moet word.
Verdere onderhandelinge sal met alle abattoirs moet plaasvind om optimale bemarking te verseker.
Samewerking
Ons voorsien ook noue samewerking met die ministeries van landbou, water en handel en nywerheid, veral ten opsigte van veterinêre- en handelsaspekte.
Die gesamentlike visie vir die vleisbedryf wat onder leiding van die Vleisraad geformuleer is, sal weer eens met veral die aksieplanne van die ministerie van landbou, water en bosbou geharmoniseer moet word.
Projekte
Drie spesifieke projekte wat die LPO in die komende maande verder sal voer, is:
· die hondsdolheidprojek onder koedoes waarvoor ruim befondsing (sowat N$ 2,5 miljoen) ook uit die buiteland ontvang is,
· die koördineringsprojek van alle weiveldbestuuraktiwiteite wat tans in die land onderneem word ten einde die Nasionale Weiveldbestuurstrategie en -beleid geïmplimeteer te kry. Hiervoor het die EU N$12 miljoen bewillig en ons is in die proses om twee pernoneellede vir ’n tydperk van 4 jaar aan te stel.
· die geslagsiekteprojek onder vee sal ook verder aandag geniet ondanks die tekort aan geld hiervoor.
Laastens sal die reënvalpatroon in die komende weke noukeurig dopgehou moet word. Hoewel nog vroeg in die jaar, is die omstandighede tans nie rooskleurig nie en dit gaan lewende hawe produksie in 2015 beslis raak.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.82 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.21/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.36% | Zinc US$ 2 856.10/T UP 0.06% | Brent Crude Oil US$ 89.15/BBP UP +0.29% | Platinum US$ 911.47/OZ DOWN -0.0048 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.82 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.21/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.36% | Zinc US$ 2 856.10/T UP 0.06% | Brent Crude Oil US$ 89.15/BBP UP +0.29% | Platinum US$ 911.47/OZ DOWN -0.0048