Wasserfall-moordsaak: ondersoek vorder flink

Saak tot 31 Mei uitgestel

19 March 2021 | Howe
Leandrea Louw op Walvisbaai – Die twee beskuldigdes wat van die moord op me. Shannon Wasserfall (22) verdink word, het Woensdag weer op Walvisbaai in die hof verskyn.

Me. Azaan Madisia (28) en haar broer, mnr. Steven Mulundu (22), is in hegtenis geneem op aanklag van moord en regsverydeling.

Madisia en Mulundu het voor landdros Vicky Nicolaidis verskyn.

Volgens staatsaanklaer Maggy Shi­yagaya het die moordondersoek goed gevorder.

“Byna alle verklarings van getuies is ingevorder. Al wat nog kort, is die forensiese verslae van die laborato­rium en die fotoplanne van die toneel. Die forensiese verslae sal waarskynlik nog 'n tydjie neem, dus die versoek om die saak tot 31 Mei 2021 uit te stel,” het sy gesê.

Shiyagaya het gesê die beskuldigdes, wat in aanhouding bly, het reeds aangedui dat hulle beplan om 'n formele borgtogaansoek in te dien.

“Die staat staan in dié stadium steeds borgtog teë.”



VONDS IN VLAK GRAF

Madisia was die eerste verdagte wat aan Wasserfall se verdwyning, wat op 10 April 2020 vanaf Kuisebmond vermis geraak het, gekoppel kon word.

Maande ná haar verdwyning, op 6 Oktober, is Wasserfall se oorskot in 'n vlak graf op Walvisbaai gevind nadat die polisie 'n leidraad ontvang het.

Wasserfall se verdwyning het landswye protesoptogte tot gevolg gehad. Mense het onder die hutsmerk #JusticeForShannon geregtigheid geëis.

Mulundu is in November 2020 in hegtenis geneem nadat hy homself aan polisie oorgegee het.

Hy het aan die polisie gesê dat hy Madisia glo gehelp het om van Wasserfall se liggaam ontslae te raak.

[email protected]

Soortgelyk

 

Pryse van petrol, diesel styg

5 ure gelede | Energie

Die prys van petrol en diesel styg aanstaande week met onderskeidelik 50 sent elk per liter. Die verhoging tree om middernag op 7 April in...

Baie nuwelinge kry viskwotas

5 ure gelede | Visserye

Ondernemings wat tevore visvangkwotas besit het, maak 29% van suksesvolle aansoekers uit, het die minister van visserye en mariene hulpbronne, dr. Albert Kawana, vanmiddag aangekondig.Dit...

WHO vra vir verdere studies oor oorsprong van SARS-CoV-2-virus

6 ure gelede | Gesondheid

Die verslag van die internasionale span van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) oor hul ter plaatse besoek aan Wuhan is vandag bekendgemaak, met die WHO se direkteur-generaal...

Sewe sterftes, 221 nuwe gevalle

6 ure gelede | Gesondheid

Namibië het nou 520 Covid-19-verwante sterftes, nadat nog sewe - twee in Windhoek en een elk in Walvisbaai, Outjo, Omaruru, Walvisbaai en Rundu - aangeteken...

Windhoekers met agterstallige rekeninge se water en ligte gaan...

8 ure gelede | Infrastruktuur

Die Windhoekse munisipaliteit sê inwoners van die hoofstad wie se water- en ligterekeninge 30 dae en meer agterstallig is, het tot Dinsdag 6 April om...

Sluitingsdatum vir Shining Light verleng

8 ure gelede | Kuns en vermaak

Die sluitingsdatum vir die Shining Light juweliersontwerpkompetisie is tot 30 April verleng. Me. Helena Mootseng, woordvoerder van die Namibian Diamond Trading Company (NDTC) sê...

Hoërskool Rehoboth gesluit tot ná Paasnaweek

12 ure gelede | Onderwys

Hoërskool Rehoboth is vanaf vandag tot Dinsdag 6 April gesluit. Volgens die bestuur van die skool sal dié tyd gebruik word om die skoolperseel deeglik...

Waarskuwingskote stuit vermeende diewe

23 ure gelede | Misdaad

Vermeende diewe is vroeër vandag in Robert Mugabelaan naby Bank of Namibia in die hoofstad in hegtenis geneem nadat skote afgevuur is. "Twee waarskuwingskote is...

Robberts bly in aanhouding

23 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...