Warriors wag in spanning op aankondiging

Sokker
13 January 2021 | Sport
Andrew Poolman – Die Namibiese Sokkervereniging hou asem op vir die ontvangs van die nuutste Covid-19-toetse vir die nasionale oefengroep – in die hoop om vanmiddag sy finale toerspan na Kameroen aan te kondig.
Die Brave Warriors is bestem om môre die vliegtuig na Johannesburg en van daar na Kameroen te haal, waar die Afrika Nasieskampioenskap (CHAN) komende Saterdag begin.
Tien spelers in die nasionale groep het onlangs positief vir die coronavirus getoets, wat die normale voorbereiding en aankondiging van die toerspan 'n tyd lank in die wiele gery het.
“Geen van die tien spelers (asook een spanbeampte) wat positief getoets het, het simptone ondervind of siek geword nie. Die groep was in kwarantyn of selfisolasie en sommige van die betrokke spelers het intussen ook negatiewe uitslae teruggekry,” sê die spanbestuurder, mnr. Tim Isaacs.
Uit die huidige oefengroep van 33 spelers is die hoopvolle aanduiding dus dat almal se uitslag vandag as negatief ontvang sal word en dat afrigter Bobby Samaria dus sy volle groep sal hê om uit te kies.
“Vanweë Covid-19 mag elke deelnemende land 'n toergroep van 28 tot 30 spelers na Kameroen neem – eerder as die gebruiklike 23. Die afrigter sal sy diskresie kan gebruik, maar sê byvoorbeeld ons hoor (vandag) dat net 25 spelers negatief vir die virus toets, dan sal hulle ons toergroep uitmaak,” het Isaacs verduidelik.
Die Namibiërs is in groep D geplaas met sy groepwedstryde teen Zambië (komende Maandag), Guinee vier dae later en dan Tanzanië (27 Januarie). Die toptwee sal tot die halfeindronde deurdring.
– [email protected]

Soortgelyk
Nege sterftes, 307 nuwe gevalle
11 ure gelede | Gesondheid
Hof sal later sê of Shoprite bevel geminag het
12 ure gelede | Howe
Eloïse bring dalk storms
17 ure gelede | Weer
Swakoppoortdam loop oor
1 dag gelede | Weer
Voorvaderlike eise: Alle grond benut
1 dag gelede |
Woestynrivier laat lóóp
1 dag gelede | Weer
Noorde: Té nat én té droog
1 dag gelede | Weer
Making the art of painting look easy
1 dag gelede | Mense
Shoprite steeds in die hof
1 dag gelede | Arbeid
Kleinadvertensies