Warm sjokolade in ’n paaseier

18 April 2019 | Kuns en vermaak
Warm melk in ’n sjokolade paaseier gee vir jou ’n dekadente warm sjokolade.

Koop ’n hol paaseier van om en by 85 g.

Gebruik ’n skerp mes om die bokant van die eier, foelie en al, af te sny. Sny so 2,5 cm van bo af, sodat daar ’n gat bo-in is en jou eier nou soos ’n beker (sonder ’n oor) lyk. Draai die eier om en sny omtrent dieselfde hoeveelheid foelie aan die onderkant af. Moenie die sjokolade ook afsny nie, anders gaan die melk deurloop.

Sit die eier in ’n koppie of beker met die oop kant boontoe. Gooi die sjokolade wat jy afgesny het binne-in die eier.

Bedien nou die eier met ’n beker warm melk.

Gooi die melk in die eier en roer terwyl die sjokolade begin smelt en die melk verkleur. Moenie die eier te vol gooi nie, dit gaan mors.

Wanneer die eier begin vervorm, kan jy die foelie uit die koppie haal. Dis maklik, aangesien jy die foelie aan die onderkant oopgesny het. (Bedien met ’n ekstra bordjie om die foelie eenkant te sit.)

WENK: Jy kan ook jou koffie of cappuccino so bedien. Vir cappuccino, gooi ’n enkel- of dubbelsopie espresso onder in die eier en maak vol met gestoomde melk. - Netwerk24

Soortgelyk

 

Namibiërs stem op 27 November

11 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Namibiërs gaan 27 November vanjaar stembus toe om 'n president en lede van die Nasionale Vergadering (NV) te kies.Dié aankondiging is vanoggend...

Toekenning vir Namibiese TV-vrou

12 ure gelede | Kuns en vermaak

Die oud-Walvisbaaier, Linda de Jager (foto), is op 10 Mei met ‘n ATKV-toekenning bekroon vir die reeks, “Daar’s ‘n Plek met Coenie” vir Via.Via is...

From teacher to humble CEO

21 ure gelede | Mense

Leandrea Louw Bisey Uirab, the former CEO of the Namibian Ports Authority (Namport), will be heading to the Namibia Airports Company (NAC) in the...

Ek het hoop vir Rehoboth, sê Ellen Pakkies

21 ure gelede | Mense

Denver Kisting op Rehoboth – Kort nadat sy die tou stywer om haar 21-jarige seun se nek getrek het, het sy by God om vergifnis...

Psigiater vir onprofessionele gedrag ondersoek

21 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ‘n Voorlopige ondersoekkomitee van die mediese en tandheelkundige raad het bevind ‘n klagte van onprofessionele gedrag teen ‘n bekende psigiater van Swakopmund...

Hard work makes the dream work

21 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Zenneth Oosthuizen is a senior associate at PricewaterhouseCoopers (PwC) who enjoys adventure and new opportunities. “I would describe myself as a quiet and...

Writing your own story

21 ure gelede | Mense

Mariselle StofbergOctavia Tsibes was born and raised in Otjiwarongo. Her family has always been interested in writing, and this passion is evident in this humble...

Kalender 17 Mei

21 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Namibië se beste bluesgroep, Roadhouse Blues, tree vanaand by The Loft (by die Warehouse-teater) op. Die groep maak al jare musiek...

Hout gevat, maar niemand vas

21 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman - Polisie in die Kavango-Wesstreek het beslag op hout gelê wat vermoedelik onwettig geoes is, maar tot dusver is niemand in hegtenis geneem...