Wanderers klop Kudus
DIE Xerox Wanderers premierliga rugbyspan was Saterdag die gashere teen ‘n gedugte Kudusspan uit Walvisbaai en het met 38-23 gewen. Die Wit Hingste het tot dusver gesukkel in die premierliga en die vorige naweek se verloor teen Unam het die span gemotiveer om te werk vir ‘n bonuspunt. Vyf minute na die afskop het Wanderers se agtsteman PJ van Lill oor die besoekers se doellyn geduik.
Kort daarna het hy sy tweede drie gedruk om sy span se voorsprong tot 10-0 te rek. Die jong senter, Chrysander Botha, het Kudus se eerste punte op die telbord gekry met ‘n puik skop. Hy het ‘n strafdoel van binne sy eie helfte deur die pale gejaag. Met die telling 10-3 in Wanderers se guns, het die tuisspan se flank Christo Senekal sy span se derde drie gedruk.
Wanderers se losskakel Francois Lensing het gesukkel met sy skopwerk en weer kon hy nie die twee punte byvoeg nie. Die besoekers se losskakel, Ivo Croza, het ‘n strafdoel vlak voor Wanderers se pale oorgeskop om die gaping tot 6-15 te verklein. Wanderers se vurige flank Wiks Conradie het die rustydtelling 20-6 in Wanderers se guns gemaak met ‘n goeie lopie wat ‘n drie opgelewer het. Die vierde drie het ‘n bonuspunt aan Wanderers besorg.
Vyf minute na die afskop van die tweede helfte het Croza weer met ‘n strafdoel geslaag. Pieter Meuwesen, Wanderers se binnesenter, het deur Kudus se agterlyn gesny en oorgeduik vir nog ‘n drie. Die slot Faan Horn was volgende om Wanderers se voorsprong met nog ‘n drie tot 30-9 te rek. Wanderers is hierna kort-kort deur die skeidsregter, mnr. Danie Koen, gestraf.
Croza het elke geleentheid aangegryp om punte en binne tien minute het hy die puntegaping na 30-18 verklein. Kudus is vir onkantspel vlak voor hul pale gestraf. Senekal het die strafskop met sy skopskoen in punte omgesit. Wanderers was gemaklik met 33-18 voor toe Chrysander Botha deur hul verdediging breek om Kudus se enigste drie te druk. Die doelskop was mis. Pieter Lensing het in die doodsnikke van die wedstryd nog ‘n drie vir Wanderers gedruk om ‘n oortuigende oorwinning te besorg.
• Op Mariental het die Suidespan sy voorsprong in die Sentraal- streekliga vergroot. Die Marientallers het harde rugby gespeel en Western Suburbs se tweedespan is met 26- 18 geklop. Die rustydtelling was 10-6 in die guns van Mariental. Rehoboth rugbyklub se premierligaspan het in Windhoek vir Jaguars met 46-36 geklop. Rehoboth was rustyd met 22-14 voor.
In die Sentraal-liga het Rehoboth se tweedespan met 64- 16 teen Cats verloor. Op Gemsbok Park het die verdedigende kampioen Reho Falcon vir United met 33-31 getroef. Ook met die tweede spanne het Reho Falcon vir United met 24-17 geklop in die sentraal streekliga.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie