Wanderers bou die spel landwyd
Netbal
FNB Wanderers Netbalklub het die Khomasstreek en die publiek ingelig dat hy hierdie seisoen net een span (twaalf spelers) vir die Khomas premierliga gaan inskryf – eerder as drie soos tevore.
Die rede hiervoor is omdat die klub beoog om sy planne voort te sit om meermale te reis en wedstryde teen klubs in ander streke te speel om netbal landwyd te help bevorder.
“Ons wil ook in elke streek ’n skool identifiseer waar ons ’n ontwikkelingskliniek kan aanbied en sommer net prettige wenke op die netbalbaan deel.
“Hiervoor het ons spelers nodig wat vir sulke tye beskikbaar is. As ons drie spanne in die premierliga sou inskryf, sou ons beskikbare tyd en vrouekrag beperk wees,” sê Wanderers-netbal in sy nuusverklaring.
“Hierdie is steeds Wanderers se jaar om in die gemeenskap terug te ploeg en ons is dus opgewonde oor hierdie planne. Die klub is onder ’n nuwe bestuur, ons het ’n nuwe hoofafrigter (Luandi Nel) en ’n nuwe struktuur.
“Ons het hoë respek vir Khomas Netbal en geniet dit terdeë om in die premierliga mee te ding,” sê Wanderers.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie