Walvis se duo pleit onskuldig op moord

Die broer en suster wat van 'n opspraakwekkende moord beskuldig word, het gister tydens hul jongste hofversky­ning al hul regte voorbehou.
Leandrea Louw
Leandrea Louw in Walvisbaai – Die twee beskuldigdes in die Shannon Wasserfall-moordsaak sal die hof op 23 November vir borgtog vra.

Me. Azaan Madisia en haar broer, mnr. Steven Mulundu, het gister in Walvisbaai se landdroshof beide on­skuldig op klagte van moord en regsverydeling gepleit. Madisia het ook onskuldig op twee ­nie-verwante klagte van bedrog, alternatiewelik diefstal, teen haar gepleit.

Mnr. Albert Titus, Madisia se prokureur, het bevestig dat sy kliënt instruksies gegee het dat sy onskuldig op alle klagte sal pleit.

“In die stadium sal die ­beskuldigde nie 'n verklaring aflê nie en haar reg gebruik om op al die klagte te swyg,” het Titus aan landdros Vicky Nicolaidis gesê. “Sy sal nie die name van enige getuies bekend maak nie, maar behou haar regte voor indien die aanklaer-generaal (AG) opdrag gee dat die ­beskuldigde vervolg moet word.”

Me. Tanya Klazen, Mulundu se prokureur, het dieselfde boodskap aan die hof oorgedra.

Nicolaidis het die saak tot 3 Maart 2022 uitgestel in ­afwagting op die kantoor van die aanklaer-generaal se beslissing oor die detail van vervolging.

Volgens die staat het die twee be­skuldigdes die 22-jarige ­Wasserfall op 10 of 11 April verlede jaar in ­Kuisebmond vermoor.

Tussen hierdie datum en 6 Oktober het hulle volgens die staat hul slag­offer se oorskot in die duine naby 'n inkoopsentrum gaan begrawe.

Na bewering het hulle Wasserfall se selfoon en die SIM-kaart daarin weggegooi of vernietig saam met 'n blou baadjie en 'n serp. Hulle het haar hierna as vermis aangemeld.

Die klagte van bedrog en diefstal teen Madisia spruit daaruit dat sy na bewering 'n skootrekenaar en selfoon as gesteel aangemeld en meer as N$20 000 vir die items van die versekering geëis het. Die items kan moont­lik bewyse in die saak word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!