Walvis-hawe in aanvraag

Logistiek vir Afrika geniet doeltreffende diens deur Namibië
Augetto Graig
Augetto Graig - Vragvervoer deur die hawe van Walvisbaai het te midde van die wêreldwye Covid-10 inperkings gegroei, volgens die Walvisbaai Korridorgroep (WBCG).

Dié onderneming vir die bevordering van die logistieke bedryf sê in sy nuutste nuusbrief van 1 Mei dat die roete vanaf Walvisbaai na Ndola in Zambië, asook Lubumbashi in die Demokratiese Republikein die Kongo, aansienlik meer vrag hanteer namate noodsaaklike goedere na Namibiese buurlande vervoer word.

Volgens die WBCG het inperking weens die coronavirus op die vasteland veranderinge aan vervoerroetes genoodsaak.

“Die hawe van Walvisbaai en sy roetes word gesien as ’n doeltreffende en veilige handelsroete na Suider-Afrika, vandaar die toename in nuwe ondernemings wat hul vrag op ons roete vervoer,” sê die groep.

Een merkwaardige nuweling tot vrag vervoer deur Walvisbaai is die maatskappy Zalawi Haulage. Zalawi is een van die hoofvervoerders op die noord- en suidroete vanaf die hawe in Durban na die sentrale dele van Afrika. Hulle bring nou tot 1 700 ton koperkatode van die suidelike DRK na die hawe van Walvisbaai, volgens die WBCG.

Zalawi Haulage is ’n filiaal van Bolloré Africa Logistics, die grootste vervoer- en logistieke operateur in Afrika. Die groep het ’n netwerk van 250 filiale in 55 lande, waarvan 46 in Afrika.

Volgens die WBCG is hulle al ’n tyd besig om dié operateur vir besigheid te benader en was hulle onlangs die kans gegun om hul dienste aan Zalawi te lewer. Bolloré Africa en hul vervoerder Zalawi Haulage het ’n spoedige ingryping benodig om vervoer van die koperkatode vanaf Kolwezi te vergemaklik. Die WBCG en Namport se sake-ontwikkelingspan het die maatskappy gehelp om te verseker dat al die nodige fasiliteite, dienste en papierwerk in plek is.

“Dit het ons vyf dae geneem om dit op te los, wat in die huidige omstandighede nogal vinnig is,” sê die WBCG se bestuurder vir sake-ontwikkeling vir Suid-Afrika, mnr. Irvaan Maharaj.

“Die kliënt was beïndruk met die vlak van diens en doeltreffendheid wat deur alle partye gelewer is.”

Maharaj bedank die ministerie van handel en nywerheidsontwikkeling vir hul flinke hulp met die nodige sertifisering. “Hoewel die pandemie ’n ongelukkige situasie skep, het dit ook Walvisbaai die geleentheid gebied om sy voetspoor as ’n poort in die streek te laat groei.

“Potensiële kliënte raak meer bewus van die voordele verbonde aan die gebruik van ons korridors en die hawens van Walvisbaai en Lüderitz. Dit sal beslis lei tot verhoogde sakegeleenthede in die nabye toekoms en groei in die bedryf,” sê hy.

Intussen het Walvisbaai op 24 April die massiewe Maersk Sheerness verwelkom – die grootste skip wat nog ooit by die vernaamste Namibiese hawe besoek afgelê het. Die skip is langer as 335 meter, terwyl die langste skip wat tevore by die hawe gestop het, 290 meter lank was, volgens Namport se waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Kavin Harry.

“Namport het ’n reusetree geneem deur ons belegging in die bou van ’n moderne terminaal vir vraghouers, wat die hawe in staat stel om internasionaal te kompeteer,” sê Harry.

“Ons skip-na-wal hyskrane verskuif nou 35 tot 40 vraghouers per uur,” voeg hy by.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!