Walliese man veg ure met haai
Des Erasmus
Dit was 'n strandgeveg van meer as twee uur, maar gelukkig het beide partye as weners uit die stryd getree.
Dít toe een van die grootste bronshaaie in jare deur 'n toeris van Wallis, mnr. John Griffiths, in die gebied tussen Black Rock Bay en Myl 26 tussen Swakopmund en Hentiesbaai, gevang is.
Griffiths is 'n foto vir sy trofeeversameling ryker en die haai is terug die diep water in, waar sy binnekort kleintjies gaan kry.
Griffiths en nog 'n Walliese toeris was tydens die haaivangekspedisie in die sorg van mnr. Johan Burger van Bushworx op Swakopmund.
Griffiths wou verbeter op sy vorige rekord van 'n bronshaai van 180 kg, ook in Namibiese waters.
Die rekord vir 'n bronshaai van 180 kg is deur mnr. Herman Krauze opgestel.
Vir sodanige rekord is registrasie van die hengelaar by die hengelunie 'n vereiste.
As oorsese visserman voldoen Griffiths ongelukkig nie aan dié vereiste nie.
Tydens sy huidige besoek het Griffiths ses dae vir hengel uitgesonder.
Volgens Burger was haaie die naweek vroegdag skaars en het die grote taamlik laat Saterdagmiddag eers die aas gevat.
Burger het gesê die ou grote het vier keer los bo die water uitgespring in haar pogings om weg te kom.
Vir trofeehengelaars gebruik Burger groot katrolle met 1 000 meter lyn.
“Dit was amper nie genoeg nie,” sê hy.
TAKTIESE FOUTE
In die geveg het die haai 'n paar taktiese foute gemaak.
Sy het 'n paar keer noord geswem en dan omgedraai en suid koers gevat. Dit het meegebring dat sy nie baie lyn afgeloop het nie.
Ná sowat 90 minute het die ou grote weswaarts na dieper water gestorm en in 'n stadium 'n geskatte 800 meter lyn afgeloop.
Toe het sy omgevlieg en feitlik op die strand uitgeswem.
Burger sê die drie mans op die strand het probeer om die haai op die sand te kry, maar dit het nie gehelp nie.
Selfs die trofeefoto's is geneem terwyl die vlak water oor haar gespoel het.
Ná die fotosessie is die hoek verwyder en het die haai onmiddellik sterk weswaarts die dieptes in geswem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie