Wagte geteiken tydens rooftogte

N$90 030 in drie rooftogte gesteel

30 March 2021 | Misdaad
Vier verdagtes het Saterdag omstreeks 09:00 ’n veiligheidswag by die Black Chain inkoopsentrum in Katutura beroof.

Na bewering het die mans N$83 251 van die PEP-winkel se geld van die wag gesteel. Hy het die geld van ’n winkelassistent ontvang en was op pad na die deur, toe die mans hom met ’n pistool in die winkel aangehou het. Die verdagtes het ook sy pistool afgeneem. Hulle het boonop van MTC N$7 031 en van Ackermans N$44 366 gesteel wat ook deur die veiligheidswag ingesamel is.

Die rowers het dus met ’n gesamentlike N$134 648 in ’n wit VW Polo op die vlug geslaan. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

• Vier mans het Saterdag omstreeks 08:30 twee veiligheidswagte by die Metro groothandelaar in die Noordelike Nywerheidsgebied in Windhoek beroof.

Die wagte was besig om kontant op te tel om na die bank te neem, toe hulle met wapens aangehou is. Die verdagtes het met N$756 612 en een van die wagte se vuurwapen op die vlug geslaan. Niemand is in hegtenis geneem nie.

• Saterdag omstreeks middernag het verdagtes by die Shafa mini-mark in die Onanyalala-nedersetting (Omusati) die veiligheidswag in sy kamer oorrompel en vasgebind. Hulle het toe die sinkplate na die kamer van die werker stukkend gesny en toegang tot haar kamer gekry. Hulle het haar met ’n panga en ’n mes gedreig en kontant, alkohol, koekies en sewe selfone wat na die winkel gebring is om herlaai te word ter waarde van N$15 770 gesteel. Niemand is in hegtenis geneem nie.

• Kubaanse burgers is Vrydag in hul huis in Bacon-straat in Academia deur verdagtes, gewapen met pangas, aangeval en beroof. Die slagoffers is met die pangas beseer en is na die hospitaal geneem vir behandeling. Die verdagtes het met skootrekenaars, juwele, selfone, klere en televisiestelle op vlug geslaan. Die waarde is nie bekend nie. Niemand is in hegtenis geneem nie.

• Verdagtes het Vrydag omstreeks 02:00 by ’n erf in Tsumeb ingebreek en ’n bakkie gesteel. Die verdagtes het die metaalblou Toyota-bakkie ter waarde van N$65 000 uit die erf gestoot en daarmee op die vlug geslaan. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

• Vrydag om 03:00 is ’n silwer Toyota Corolla uit erf 1220 in 13de straat op Tsumeb gesteel terwyl die eienaar geslaap het. Die voertuig is glo as ’n taxi gebruik. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

• Drie verdagtes het Vrydag om 01:00 twee waterpompe ter waarde van N$66 000 van die plaas Farm Drie Rivier No. 302 naby Rehoboth gesteel.

Na bewering het die verdagtes hul voertuig ’n ent van die plaas af geparkeer en soontoe geloop. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.

Soortgelyk

 

Robberts bly in aanhouding

9 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...

Inentings: Namibiërs wag en kyk

9 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – ’n Wag-en-kyk-benadering en voorkeur vir spesifieke entstowwe is van die redes vir die trae reaksie tot die ministerie van gesondheid en maatskaplike...

Living a purposeful life

9 ure gelede | Mense

Rivaldo Kavanga“I would advise the youth to relentlessly go after whatever they desire unlimited. In pursuit of long-term gains and not short term rather.” Ndakondja...

Weer vir 30 Maart 2021

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die verre suide en die Zambezi-streek. Elders gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie. Wyd verspreide donderbuie in die...

Huishoudelike geweld gedy in Kavango-Wes

9 ure gelede | Misdaad

Die naweek is drie sake van huishoudelike geweld in die Kavango-Wesstreek by die polisie aanhangig gemaak. Vrydag om 05:00 het ’n 36-jarige man in die...

Running for those who can’t

9 ure gelede | Skole

In honour of cerebral palsy awareness month and as part of a school project, four learners from Windhoek Afrikaanse Privaatskool ran with children, parents and...

Windhoek kry eie ekonomiese plan

9 ure gelede | Regering

Augetto Graig – Die burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, sê die regering moenie terugstaan sodat die private sektor die nasie tot werkskepping en ekonomiese...

Ending the double shift system at schools

9 ure gelede | Onderwys

Rivaldo KavangaBet-el Primary School on Friday, 26 March 2021 received three classroom blocks and a storeroom from The Craton Foundation. The classrooms were donated to...

Mej. Namibië: Hier is die top-16

9 ure gelede | Gebeure

Die eerste ronde van die 2021 Mej. Namibië-skoonheidskompetisie het Saterdag in Windhoek plaasgevind waar die top-16-finaliste bekend gestel is.Die finaliste is Andeline Wieland, Shahida van...