Waar gaan die kos vandaan kom?
Waar gaan die kos vandaan kom?

Waar gaan die kos vandaan kom?

Die vooruitsigte ten opsigte van groente en vrugte is ewe positief, behalwe as voedselwaardekettings in die gedrang kom.
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher – Die kommer van verbruikers is besig om te verskuif. Eers was daar kommer oor prysstygings wat kan volg namate die coronavirus versprei kry, maar nou is daar kommer oor of daar kos gaan wees as bekampingsmaatreëls beweging van mense toenemend inperk.

Baie gerugte doen die ronde, maar dit bly ‘n feit dat onnodige beweging van mense die beginpunt is van die bestuur van die verspreiding. Berigte van leë strate en inkoopsentrums regoor die wêreld is tekenend van die erns waarmee die verspreidingsprobleem benader word.

Afrikalande wat oor die vermoë beskik om dit af te dwing, kan ‘n voorsprong behou, maar dan bly die vraag oor kosvoorsiening.

Paniekaankope het pryse die hoogte laat inskiet en om bewysbare opportunisme hok te slaan, het die regering maatreëls ingestel om pryse in bedwang te hou. Sekere kleinhandelgroepe het selfs rantsoenering toegepas. Die jongste inflasiesyfers dui op matige hoër inflasie in Suid-Afrika, maar goeie nuus vanaf plaasvlak dui daarop dat daar voldoende graan in die vorm van mielies behoort te wees. Koringverbruik is toenemend aangewese op invoere en indien die coronavirus invoere beperk, is duurder brood en ander koringprodukte dalk ons voorland.

Die vooruitsigte ten opsigte van groente en vrugte is ewe positief, behalwe as voedselwaardekettings in gedrang kom ten opsigte van menslike hulpbronne wanneer mense nie by die werk kan uitkom nie. In Italië is suiwelboere versoek om minder melk te produseer omdat verwerkingsaanlegte nie oor voldoende menslike kapasiteit beskik om die melk te verwerk nie.

Vleisproduksie is besig om te herstel ná die opheffing van die verbod op veilings in Suid-Afrika vanweë bek-en-klouseer. Vraaggeleide stimilering bly afwesig sodat vleispryse na verwagting nie sal kan bydra tot die finansiering van die heropbouprogram nie. Die hoop op skerper prysverhogings op plaasvlak as gevolg van minder bemarkbare diere omdat boere vee terughou om kuddes te herbou, is nie nou ‘n redelike vooruitsig nie.

Die drastiese verlaging van die rentekoers het mense met skuld laat asem skep en sal bepaald die skulddiensvermoë van die landbousektor baat.

Die groter as verwagte somergraan oes sal die inkomste van graanboere ‘n hupstoot gee en behoort leners ook meer gerus te stel. Ongelukkig is die omvang van landbouskuld op vlakke wat dit baie gevoelig maak vir enige negatiewe impak op inkomste. Hierdie skuldvlakke is deels te wyte aan uitbreidings, maar grotendeels die gevolg van die langdurige droogtes.

Landbou sal dus vir die grootste deel van 2020 in ‘n konsolidasiefase verkeer, mits daar spoedig ‘n afplatting in die coronavirus se verspreiding is. Verswakkende geldeenhede is baie voordelig vir uitvoere met bedrywe wat daarby kan baat mits invoere kan gebeur. Invoere is ‘n afgeleide van die vraag op winkelrakke. ‘n Verbod op beweging van mense in van die vernaamste invoerlande, kan die voordele van ‘n swakker geldeenheid uitkanselleer.

‘n Dalende olieprys en die vooruitsigte van lae ruoliepryse vir die afsienbare toekoms is goeie nuus met die oog op die komende oesseisoen en oor die algemeen wat die koste van energie betref. Die positiewe impak daarvan op die besteebare inkomste van veral die arm deel van die bevolking kan egter beperk word tot die vermoë om die coronavirus se verspreiding beter te beheer.

Mense moet gaan werk en daarvoor is vervoer nodig. Sou normale mobiliteit hervat, kan die vraag na en aanbod van ruolie normaliseer en sal die gewone prysvlakke bepaald weer geld.

Die gevolge van ‘n reisverbod wat mense se beweging beperk sal egter verreikend wees en kenners het dit reeds probeer voorstel in die geval van die VSA. ‘n Te groot deel van bevolking het te min spaargeld om ‘n krisis soos hierdie deur te sien. Na raming is die per kapita spaargeld in die VSA ongeveer US$400 en dit beteken dat mense nie kan bekostig om sonder werk en sonder betaling te oorleef nie.

Banke in Suid-Afrika het reeds ‘n paaiementvakansie aangekondig vir studente en kleinsake-ondernemings met lenings. Betalings word vir drie maande opgeskort, maar die lener bly aanspreeklik vir die opgelope rente.

Opsommend kan gesê word dat die verwagte verloop van die impak van die coronavirus in hierdie stadium nog spekulatief is.

Wat noodsaaklik is, is om met die regte inligting tot ons beskikking betyds op te tree en om bereid te wees om aan te pas soos wat nuwe inligting beskikbaar kom.

Kommentaar

Republikein 2024-06-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01%