Waar daar 'n rokie is . . .
JOHN FREDERICKS SKRYF:
Ek sou graag my oud-Afrikaansonderwyser en my oorlede ouma en ma, of miskien andersom, wil bedank vir die snaakse Afrikaanse sinsnedes en gesegdes wat hulle my geleer het.
Ek, soos menigte ander, het met diepe belangstelling die hofdrama gevolg oor 'n aansoek om toegang tot 'n regsfirma se trustrekening te kry, en die reaksie dat dit 'n skending van die vertroulike, persoonlike inligting sal veroorsaak.
Vanselfsprekend en regsgesproke is die aansoek en saak veel dieper en omvangryk as die eenvoudige voorstelling, maar dan die tergende vraag dat as 'n mens niks het om te verbloem of weg te steek nie, hoekom nie net toelaat dat die rekening ondersoek word nie? Die identiteite van kliënte kan steeds beskerm word.
In regskringe is dit natuurlik nie so eenvoudig nie. Komplekse regsdenke en argumentasie maak dit meer gekompliseerd.
My oorlede ouma en ma sou in haar eenvoudigheid bloot gesê het daar is 'n slang in die gras, terwyl my Afrikaanse onnie in sy wysheid sou gesê het waar daar 'n rokie is, is daar 'n vuurtjie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie