Waag jou voorspelling
Kontant van N$1 000 is hierdie naweek op die spel in Republikein en MultiChoice se tellingraai-kompetisie wanneer die Superrugby-reeks sy halfpadmerk bereik.
Lesers kan die eindtellings in enige van agt wedstryde voorspel.
Die afgelope naweek het mnr. Wouter Louw van Otjiwarongo ’n Explora-dekodeerder losgeslaan met sy voorspelling van 40-21 tussen die Stormers en Reds. Die eindtelling was 40-22.
Louw was ook al in week 3 van die kompetisie aan die wenkant. “Julle maak my jaar,” het hy gesê.
Ook mnr. Rod April van Windhoek was met net een puntjie uit. Sy raaiskoot was 40-23. April wen ’n DStv-geskenkpak ter waarde van N$1 000.
Twee ander deelnemers het ook baie naby aan reg geraai. Beide mnre. Charles van Wyk van Groot Aub en Eduard Thomas van Keetmanshoop het eindtellings van 40-19 voorspel.
Vir DStv Premium-intekenare tel elke SMS as ’n inskrywing vir die bonusprys van N$20 000.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie