Vyf verdagtes vas ná beweerde veediefstal
Vyf verdagtes tussen 33 en 47 jaar oud is Donderdag in die Karibib-distrik in hegtenis geneem ná hulle na bewering twee beeste ter waarde van N$30 000 sonder goedkeuring op mnr. Zahua Tjijahura se plaas Ombujomaere geslag het. Volgens adj.komm. Erastus Iikuyu van die Erongostreek is die verdagtes op die pad tussen Karibib en Okahandja vasgetrek en het hulle Vrydag in die landdroshof op Karibib verskyn. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie