Vyf vas ná gewapende roof op Oranje

Drie Namibiese en twee Angolese mans moet weer op 12 November in die landdroshof op Noordoewer op klagte van gewapende roof verskyn.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Wat vir vier families van Pretoria ’n onvergeetlike ekspedisie saam met hulle kinders op die Oranjerivier moes wees, het ’n nagmerrie geword toe agt tot tien gewapende mans uit die niet op hul kampeerplek toegeslaan en hulle beroof het.

Asof dit nie traumaties genoeg was om van sowat N$660 000 se kamptoerusting en al hulle persoonlike besittings beroof te word nie, is die groep daarna aangesê om in die nag kaalvoet en met net die klere aan hul lyf stroomaf te vaar. Die vrouens en kinders was in pajamas geklee.

Die groep het eers die volgende middag tweeuur nadat hulle ure aaneen in die bloedige son geroei het, die eindpunt van die

ekspedisie bereik.

Vyf mans, onder wie twee Angolese burgers, is in verband met dié gewapende roof, alternatiewelik die besit van gesteelde goedere, in hegtenis geneem, sê adj.komm. Chrispin Mubebo, die koördineerder van misdaadondersoeke in die ||Kharasstreek.

Hy het bevestig die voorval het op 5 Oktober omstreeks 18:30 tussen Chibela en Noordoewer plaasgevind.

Me. Sansu Engelbrecht het gister uit Pretoria gesê sy en haar man, Callie, het saam met mnr. Willie Mouton en sy vrou, Jantjie, asook twee ander egpare van Pretoria wat nie hul name genoem wil hê nie, die avontuurvaart vroeg in Oktober onderneem.

Die vier egpare en hul agt kinders was deur twee gidse van Umkulu Adventures, wat dié avontuurvaarte aanbied, vergesel.

Engelbrecht sê hulle is die dag voor die voorval sowat 65 km stroomop by Henkriesmond afgelaai.

“Die voorval het op dag 2 van die ekspedisie plaasgevind. Ons het die eerste dag ongeveer 35 km geroei tot waar ons beroof is nadat ons kamp opgeslaan het. Die volgende dag moes ons omtrent nog 30 km tot by veiligheid roei,” sê sy.

Die gidse het net klaar die groep se aandete voorberei en die vrouens en kinders (tussen 8 en 15 jaar oud), wat vroeër in die rivier gebad, het al pajamas aangetrek toe hulle oorval is.

“Die voorval het basies op niemandsland gebeur; ons het op ’n sandbank in die middel van die rivier gekamp. Daar was water aan weerskante van ons.

“Dit is bitter afgeleë daar. Daar was slegs ’n bokwagtershut ’n paar honderd meter daarvandaan,” vertel sy.

Engelbrecht sê die gewapende mans het vanaf die Namibiese oewer sowel as die Suid-Afrikaanse kant op hulle toegesak.

Sy sê hulle het meestal Engels gepraat, maar daar was van hulle wat Afrikaans verstaan en gepraat het.

“Al die mans was gewapens en het pistole, rewolwers, pangas en ’n Uzi-masjiengeweer gehad. Hulle het letterlik alles gesteel. Ons horlosies ook. Ons is daar weg met net ons pajamas aan ons lywe.”

Volgens haar was die mans “baie agressief” en het twee keer na hulle as “f****n wit mense” verwys.

Die rowers het die groep opdrag gegee om in die rubberbote te klim en stroomaf te roei.

Hulle het ’n ent verder nat en koud aan wal gegaan en kon daarin slaag om ’n vuur aan die gang te kry.

Een van die gidse, wie se selfoon nie gesteel is nie, het later die nag alleen vooruit na Vioolsdrift geroei. Die res van die groep het met sonsopkoms gevolg.

Volgens Mubebo het die vyf mans op 10 Oktober op klagte van gewapende roof in die hof verskyn. Hulle is mnre. Naftali Shikwa (29), Ndeshimona Nghifikepunye (21), Sheya Amubonya (18), Alfred Louw (42) en Otto Ndimufitu (35).

Nghifikepunye en Amubonya is Angolese burgers, sê hy. Volgens hom is van die gesteelde goedere in eersgenoemde en in Louw se besit gevind.

Die mans, wat in aanhouding is, moet weer op 12 November in die landdroshof op Noordoewer verskyn.
[email protected]



FOTO’s
Mnr. Callie Engelbrecht en sy vro, Sansu.
Die Mouton-egpaar, Willie en Jantjie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.98 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 376.80/OZ DOWN -0.0013 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.77% | Zinc US$ 2 859.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 86.46/BBP DOWN -0.008 | Platinum US$ 929.01/OZ DOWN -0.0077 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.98 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 376.80/OZ DOWN -0.0013 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.77% | Zinc US$ 2 859.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 86.46/BBP DOWN -0.008 | Platinum US$ 929.01/OZ DOWN -0.0077