Vyf sterftes, 92 nuwe gevalle
Die aantal Covid-19-verwante sterftes styg met vyf - een elk in onderskeidelik Outjo, Oshakati, Gobabis, Otjiwarongo en Windhoek - tot 696. Vandag is 92 nuwe gevalle aangemeld waarvan drie leerlinge, vier studente, een elk 'n onderwyser en gesondheidswerker, vyf myners en sewe werknemers in die visbedryf is. Die aktiewe gevalle staan tans op 2 076 waarvan 179 in die hospitaal en 51 in die ICU is. Tot op hede het 47 518 (94%) gevalle herstel.
Tans is 1 314 mense in kwarantyn, 2 817 kontakte word gemonitor en 42 088 mense is tot op hede teen Covid-19 ingeënt.
Tans is 1 314 mense in kwarantyn, 2 817 kontakte word gemonitor en 42 088 mense is tot op hede teen Covid-19 ingeënt.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie