Vyf mans met twee beeskarkasse vas
Vyf mans met twee beeskarkasse vas
27 March 2021 | Misdaad
Vyf mans is Vrydagoggend op Karibib in verband met veediefstal in hegtenis geneem.
Volgens die polisie is hul voertuig met registrasiemerk N99WB by OK Foods opgemerk en die polisie het die verdagte voertuig deursoek. Twee beeskarkasse, 'n ongelisensieerde .303-geweer, 'n magasyn met vyf patrone, messe en bebloede klere is gevind, asook vyf pare skoene met bloedspatsels op.
Die vyf verdagtes (48, 37, 36, 33 en 30 jaar oud) is in hegtenis geneem.
Die polisie doen 'n beroep op boere, veral in die Hochfeldgebied, om inspeksies van hul veekuddes te doen. Die karkasse wat sonder koppe of velle gevind is, is vermoedelik Brahman-beeste.
Enigiemand wat hul beeste vermis of kan help met die ondersoek, kontak vir speurinspekteur Jeffrey Urib by 081 439 2687.
Foto verskaf

Soortgelyk
Robberts bly in aanhouding
9 ure gelede | Howe
Inentings: Namibiërs wag en kyk
9 ure gelede | Gesondheid
Living a purposeful life
9 ure gelede | Mense
Weer vir 30 Maart 2021
9 ure gelede | Weer
Huishoudelike geweld gedy in Kavango-Wes
9 ure gelede | Misdaad
Running for those who can’t
9 ure gelede | Skole
Windhoek kry eie ekonomiese plan
9 ure gelede | Regering
Ending the double shift system at schools
9 ure gelede | Onderwys
Mej. Namibië: Hier is die top-16
9 ure gelede | Gebeure
Kleinadvertensies