Vyf kurkdroë damme nie meer leeg
Vyf damme wat dolleeg was, het ná goeie neerslae verlede week water gekry.
Die Omatakodam, wat volgens NamWater se damverslae reeds in April vanjaar opgedroog het, het ‘n enorme 3,745 miljoen kubieke meter (Mm³) water ingekry. Dié dam is dus tans 8,6% vol.
Die Daan Viljoendam, wat ‘n week gelede nog leeg was, se vlakke het gelig tot 83,5% vol. Dit hou tans 0,358 Mm³ water. Die Tilda Viljoendam het ‘n week vantevore op 0,2% gestaan, maar bevat tans 0,198 Mm³ water en is nou 16,4% vol.
Die leë Otjivero-slikdam het ook 0,934 Mm³ water ingekry en is nou 12% vol, terwyl die Otjivero-hoofdam 0,236 Mm³ water ingekry het en tans op 4% staan. ‘n Week vantevore was laasgenoemde dam net 1,6% van sy kapasiteit gevul.
Die Omatjennedam, wat ook leeg was, het nou 0,817 Mm³ water en staan op 16,1%.
Die Von Bachdam het met bykans 3% gelig nadat dit 1,393 Mm³ water ingekry het en staan nou op 37%. Die lugfoto van die Daan Viljoen - en Tilda Viljoendamme is verlede jaar April deur Hp Baumeier geneem. Foto Wikimedia Commons.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie