Vyf klagte teen bestuurder
Die bestuurder van een van twee voertuie wat Saterdagaand in ’n ongeluk tussen Windhoek en Okahandja betrokke was, staar vyf strafregtelike klagte in die gesig.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadkoördineerder van die Otjozondjupastreek, adj.komm. Naukalemo Andreas, is die persoon se naam aan die polisie bekend. Hy het ook bevestig dat die man ’n onpadwaardige voertuig bestuur het.
Volgens Andreas het die man van die ongelukstoneel gevlug nadat hy met sy sedanvoertuig van agter in ’n ander sedan vasgery het. Die ongeluk het omstreeks 20:20 sowat 30 kilometer voor Okahandja plaasgevind. Die voertuie was van Okahandja na Windhoek onderweg.
“Twee persone, ’n 54-jarige man en kind wat ons skat ses jaar oud is, was in die voertuig wat van agter gestamp is. Hulle het weens die geweldige impak gesterf," het Andreas gesê. Hul naasbestaandes is nog nie van hul dood in kennis gestel nie. Die verdagte staar aanklagte van strafbare manslag, versuim om die aard en omvang van beserings ná die ongeluk te bepaal, versuim om hulp aan beseerdes te verleen, versuim om die aard van skade ná die ongeluk vas te stel en die bestuur van 'n onpadwaardige voertuig in die gesig. Die polisieondersoek duur voort. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie