• Tuisblad
  • Sport
  • Vuur in kriekettoets toe vrou, ma en sus betrek word
Vuur in kriekettoets toe vrou, ma en sus betrek word
Vuur in kriekettoets toe vrou, ma en sus betrek word

Vuur in kriekettoets toe vrou, ma en sus betrek word

Krieket
Tinus van Staden - ’n Aanmerking oor David Warner se vrou, Candice, is glo wat dié Australiese kolwer se bloed laat kook het en ’n onderonsie tussen hom en die Protea-paaltjiewagter, Quinton de Kock, Sondag tydens teetyd op die vierde dag van die eerste toets op Kingsmead aangehits het.

Na wat verneem word, het De Kock teruggekap nadat die Aussies opmerkings oor sy ma en suster gemaak het en ook onder meer gesê het hy lyk soos ’n bosvark. Steve Smith, die Australiese kaptein, het gister ná die eerste toets, wat die Aussies met 118 lopies gewen het, gesê De Kock se opmerking aan Warner was persoonlik, terwyl die besoekers die paaltjiewagter nooit persoonlik aangeval het nie.

Op kringtelevisiebeeldmateriaal kan gesien word hoe Warner deur sy spanmaats van De Kock weggehou moes word op die trappe wat na die spanne se kleedkamers op Kingsmead lei.

“Quinton het baie persoonlik geraak en ’n emosionele reaksie by David uitgelok. Daardie dinge moenie gebeur nie, om persoonlik te raak, is om die grens oor te steek. Ons het self ook baie dinge op die veld gesê, maar sover ek weet, het ons niks persoonliks vir Quinton gesê nie,” sê Smith.

“Ek verstaan heeltemal waarom David gereageer het soos hy het. Jy kan nie oor iemand se persoonlike lewe begin praat soos dít nie. Die saak is nou in die hande van die skeidsregters en die wedstrydskeidsregter,” sê hy.

Faf du Plessis, die Protea-kaptein, en dr. Mohammed Moosajee, die spandokter, verskil egter van Smith.

“Ek was nie voor die penne (net voor die teepouse op die vierde dag) nie, maar ek het gehoor daar was baie persoonlike goed op die veld gesê, van albei kante af. Ek is nie seker wie dit begin het nie, maar dit moes op die veld reeds stopgesit geword het. As jy persoonlik raak, moet dit op die veld bly,” sê Du Plessis.

“Die skeidsregters speel ’n groot rol daarin om seker te maak die goed wat gesê word, ruk nie handuit nie. Ons het al in baie wedstryde gespeel waarin ons boulers gestraf is vir goed wat hulle kwytgeraak het.”

Smith stem duidelik nie saam met die Proteas se definisie van presies wat ’n mens as “persoonlik” kan klassifiseer nie.

“Ek dink nie dit was persoonlik nie, Faf kan sê wat hy wil,” sê Smith.

Du Plessis sê die voorval het nie ’n invloed op De Kock gehad nie.

Volgens Moosajee sal die skeidsregters, Kumar Dharmasena en Sundaram Ravi, en die wedstrydskeidsregter, Jeff Crowe, vandag voor 15:00 besluit of hulle die betrokke spelers gaan aankla. As hulle dit nie doen nie, moet die Internasionale Krieketraad besluit of hy die saak verder wil voer.

Die spelers kan strafpunte toegedien word vir hul optrede, wat moontlik tot ’n skorsing kan lei.

“Die skeidsregters ondersoek die saak. Dít wat die Aussies gesê het, was sonder twyfel persoonlik,” sê Moosajee.

Hy wou egter nie sê presies wat gesê is nie. Krieket Australië het ook in ’n verklaring gesê dat hy die voorval ondersoek. Dié liggaam sal kommentaar lewer sodra die ondersoek afgehandel is.

Intussen is die Aussies se draaibalbouler Nathan Lyon daaraan skuldig bevind dat hy strydig met die gees van die spel opgetree het. Hy het die bal op AB de Villiers laat val nadat De Villiers Sondag uitgehardloop is in Suid-Afrika se tweede kolfbeurt.

Lyon se straf moet nog bevestig word. Volgens ESPNCricinfo, het Lyon vir De Villiers gekontak en om verskoning gevra. Hy het skuld erken, so geen verhoor was nodig nie. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026