Vuis van gereg sterf aan eie koeu00ebl
Vuis van gereg sterf aan eie koeu00ebl

Vuis van gereg sterf aan eie koeël

Des Erasmus
Des Erasmus - ’n Vreeslose man wat hom nie deur boewegeweld laat stuit het nie, was van die hulde wat aan William John Basson (43) gebring is nadat die mede-eienaar van die Ombala-sekuriteitsmaatskappy op Swakopmund aan die hand van sy eie vuurwapen gesterf het.

In nog ’n selfmoordgeval in die Erongostreek het ’n pastoor van ’n groot kerkinstansie, Philemon Shimwohili Haufiku (65), gesterf toe hy in sy eie motor deur gas oorval is.

’n Reeks voorvalle het die kusgemeenskap die afgelope dae geskok in ’n tydgleuf waarin die Swakopmund-takke van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI) en die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN-kusgebied) ’n gesamentlike beroep op die gemeenskap gedoen het om saam te staan teen toenemende geweld en misdaad.

Dié twee mense het hul lewens op Swakopmund en Walvisbaai geneem, by kuierplekke in Swakopmund se Mondesa-woonbuurt is in afsonderlike voorvalle op twee bloedbevlekte lyke afgekom en in die binneland van Erongo was Duitse en Franse toeriste in twee motorongelukke betrokke.

Basson se seun, Zinzan Dediere Cumberebeiro Basson (19), is vier keer gewond in die skietvoorval waarin sy pa gesterf het. ’n Rewolwer van die sekuriteitsmaatskappy Ombala was volgens ’n polisieverslag betrokke by die motorhuis van die Bassons in die woonbuurt Mondesa. Volgens die polisie was daar nie ’n selfmoordnota toe die plek van die dood Vrydagoggend deursoek is nie.

Die dood van Basson het skokgolwe deur die sekuriteitsgemeenskap van Swakopmund gestuur. Hy was ’n man wat hom deur g’n duiwel laat stuit het nie, het ’n woordvoerder van ’n sekuriteitsmaatskappy gesê wat ten nouste saam met Basson gewerk het en om verstaanbare redes nie identifiseer wou word nie. Gewag is ook gemaak van sy byna fanatiese toewyding in die stryd teen dwelms. Hy was ’n sterk man wat ook deur verskeie instansies as ’n uitsmyter gebruik is.

Van die beweringe oor die laaste oomblikke van Basson was dat sy seun, Zinzan, hom wou keer toe hy sy eie lewe in die motorhuis wou neem. Vier skote is glo deur Basson gevuur wat die jong man in sy skouer, arms en sy heup getref het. Toe het Basson die vuurwapen op homself gerig.

Verlede week se dood van pastoor Haufiku is ook deur die polisie bevestig. Hy het homself in sy motor by die Haufiku-huis op Walvisbaai vergas. In sy geval is volgens die polisie wel ’n selfmoordnota gelaat. Daarin word huweliksprobleme beweer.

Die dood van ’n man naby die Hero Bar, ook in Mondesa, is deur die polisie bevestig. Inwoners van Mondesa het om 05:00 op 20 Oktober op die lyk van ’n man afgekom wat deur die polisie as mnr. Wesley Naobeb (25) uitgeken is. Sy broek was die ene bloed en hy het twee koeëlwonde deur die heupe gehad. Die polisieondersoek na die dood van Naobeb duur voort. Die voorval naby die Hero Bar volg op ’n soortgelyke voorval sowat twee weke voor Naobeb se dood by die Shinedema Bar in Mondesa. Ook daar is op die lyk van ’n jong man in ’n poel bloed afgekom.

ONGELUKKE

Toeriste was verlede week betrokke in twee motorongelukke in die binneland van Erongo. Jorg Nerlich (49) was aan die stuur van ’n motor waarin drie lede van die gesin van Duitsland lig beseer is. Sy vrou, Anja, en sy seun, Julius (16), is ná die ongeluk in die staatshospitaal op Okahandja opgeneem.

Die ander motorongeluk het sowat 50 km buite Walvisbaai op die Khomas Hochland-pad gebeur. Soos in die geval van die Nerlich-gesin het hul motor gerol. Die insittendes was mnr. Momtaize Dahan en me. Laura Marie Jeanine Perrot, albei 26 jaar oud. Albei die insittendes het net ligte beserings opgedoen.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.44/OZ UP +0.33% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.56% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.99/BBP UP +0.11% | Platinum US$ 910.75/OZ DOWN -0.0056 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.44/OZ UP +0.33% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.56% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.99/BBP UP +0.11% | Platinum US$ 910.75/OZ DOWN -0.0056