VSA bly goeie vriend van Namibië

Amerika se ambassadeur in Namibië, mnr. Thomas F. Daughton, het in ‘n ope gesprek met Estelle de Bruyn van Republikein lig gewerp op die betrekkinge tussen Namibië en Amerika, veral in die lig van wat te wagte kan wees wanneer die aangewese president, Donald Trump, in Januarie die leisels...
Estelle de Bruyn
Republikein: ‘n Nuwe, onvoorspelbare administrasie kom in Januarie in die Withuis aan bewind. Wat kan Afrika, en in die besonder Namibië, verwag?

Deaton: Die departement van buitelandse sake is hard aan die werk om ondersteuning vir ‘n seepgladde oorgang na die nuwe bewind te verseker. Sodoende sal die nuwe administrasie die belangrike werk kan voortsit wat Amerika se buitelandse beleid in die wêreld verseker.

Republikein: Wat is die geraamde bydrae wat Amerika sedert onafhanklikwording in Namibië gelewer het?

Deaton: Ons totale verbintenis om Namibië te help om die afgelope 26 jaar welslae te behaal, is meer as US$1,9 miljard (meer as N$26 miljard teen die huidige wisselkoers.)

Die Amerikaanse regering het ‘n tradisie, so oud soos Namibië self, om ontwikkelingsprogramme in Namibië op gebiede so uiteenlopend soos onderwys, gesondheid, die beskerming van die omgewing, landbou, toerisme en handel te ondersteun. Tussen 1990 en 2010 het die Amerikaanse regering byvoorbeeld gesondheidsprogramme op die gebied van moeder- en kindergesondheid; voeding; gesinsbeplanning; water; sanitasie en higiëne; die bekamping van tuberkulose en malaria; MIV-voorkoming; sorg en behandeling asook die opleiding van die volgende geslag gesondheidsorgwerkers ondersteun.

Sedert 2010 het ondersteuning van die Amerikaanse regering op die gebied van gesondheidsorg hoofsaaklik gefokus op bystand aan die Namibiese regering se reaksie op MIV en vigs. In 2016 het die Amerikaanse regering meer as US$68 miljoen deur middel van die president se Noodplan vir die Verligting van Vigs (Pepfar) bewillig om Namibië te help om die MIV/vigs-pandemie te bekamp.

Ons Pepfar-aktiwiteite word in noue samewerking met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gekoördineer, ten einde te verseker dat ons bystand die ministerie se programme aanvul en enige leemtes dek ten einde Namibië te help om die eerste land in Afrika te word om die UNAIDS 90/90/90 teikens te bereik. (Hierdie teiken van die Verenigde Nasies streef daarna om 90 persent van mense bewus van hul MIV-status te maak; dat 90 persent van mense wat weet dat hulle MIV-positief is, toegang tot behandeling kry en dat 90 persent van die mense met MIV nie vigs opdoen nie.)

Die redes vir al hierdie bystand is dat die Amerikaanse regering en die mense van Amerika wil toesien dat Namibië welslae behaal.

Republikein: Hoekom is Amerika op so ‘n omvattende wyse betrokke by Namibië, ‘n klein land met ‘n klein bevolking en met duidelike verdagte goeie vriende soos Noord-Korea?

Deaton: Amerika het meer as 300 ambassades, konsulate en diplomatieke sendings in byna 200 lande oral in die wêreld. Ons teenwoordigheid in Namibië simboliseer ons gedeelde waardes en gemeenskaplike verbintenis tot demokrasie en die regstaat.

By die Amerikaanse ambassade werk ons op ‘n daaglikse grondslag om bilaterale betrekkinge, en alles wat dit behels, te laat toeneem. Dit sluit in die uitreiking van visums vir reise; dienste vir Amerikaanse burgers wat in Namibië teenwoordig is; die bevordering van kulturele en akademiese uitruilprogramme; die verstewiging van ekonomiese betrekkinge deur middel van handel en beleggings; samewerking om die regstaat in Namibië te versterk en ‘n vennootskap met openbare gesondheidsdienste om die

MIV/vigs-pandemie te bekamp.

Republikein: Sal die noue betrekkinge onder ‘n nuwe president voortgesit word?

Deaton: Vanjaar se Amerikaanse verkiesing was die sewende sedert Namibië se onafhanklikwording in 1990, en hierdie oorgang sal die vierde keer in 26 jaar wees wat die Withuis van een politieke party na ‘n ander een oorgedra word. In dieselfde tyd het Namibië drie verskillende presidente gehad en Amerika vier met ‘n vyfde een wat in Januarie oorneem. Regdeur hierdie tyd was betrekkinge tussen Amerika en Namibië stabiel en is deurlopend versterk.

Aangesien Amerika se beleid jeens die Afrika-vasteland in die algemeen breë basis tweeparty-steun in Amerika geniet, verwag ons dat Namibies-Amerikaanse betrekkinge op ‘n positiewe trajek sal voortduur.

Republikein: Wat is die toekoms van Agoa en Pepfar?

Deaton: Soos die Amerikaanse adjunkminister van buitelandse sake belas met Afrika-aangeleenthede, amb. Linda Thomas-Greenfield, gesê het: “Amerika se verbintenis tot Afrika bly rotsvas. Amerika se beleid jeens Afrika het vir jare tweeparty-steun geniet en ons het baie inisiatiewe van vorige administrasies geërf: die Millennium Uitdaagrekening (MCA) en Pepfar onder pres. George W. Bush en die Jong Afrikaleiers-inisiatief (Yali) onder pres. Barack Obama.” Eweneens is die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa), wat in 2000 deur by pres. Bill Clinton as wetgewing onderteken is, deur pres. Obama tot 2025 verleng.

Republikein: Hoe hanteer u die anti-Amerikaanse/Westerse sentimente wat dikwels deur ons regering uitgespreek word?

Deaton: Ons het ‘n uitstekende en vrugbare vennootskap met ‘n wye reeks Namibiese ministeries en agentskappe met die koördinering en implementering van Amerikaans-gefinansierde programme plaaslik. Ons sien uit daarna om hierdie vennootskappe in die toekoms voort te sit.

Ons respekteer Namibiese uitgangspunte en ons werk is gefokus om Namibiërs te help om Namibiese oplossings vir Namibiese uitdagings te vind.

Al verskil ons van tyd tot tyd en al huldig ons verskillende menings oor sekere onderwerpe, is die onderliggende krag van ons betrekkinge onbetwisbaar.

Republikein: Noord-Korea is onderhewig aan sanksies van die Verenigde Nasies (NV) en Amerika. Namibië handhaaf hoogs omstrede betrekkinge met hierdie land met Noord-Korea wat by verskeie militêre bouprojekte in Namibië gemoeid was nadat die vroeëre VN-sankies in 2006 ingestel is. Wat sou Amerika se raad vir Namibië in dié verband wees?

Deaton: Noord-Korea het in September sy vyfde en grootste kerntoets uitgevoer en die internasionale gemeenskap se reaksie was duidelik: strenger sanksies is nodig. In die verband het die VN se Veiligheidsraad eenparig resolusie 2321 in November aanvaar en ‘n duidelike boodskap aan die regering van Noord-Korea gestuur, dat sy roekelose navolging van kernwapens en die skending van die Veiligheidsraad se resolusies, die land se internasionale status in die gedrang bring.

In reaksie het die Amerikaanse departement van die tesourie en buitelandse batebeheer (OFAC) pogings verskerp om die vloei van geld van 16 entiteite en sewe individue, met bande aan Noord-Korea of die land se kern- en wapen proliferasie-pogings, wat vir wapens bestem is, te beperk. Dit sluit in die Mansudae Overseas Project Group of Companies, wat aktief in Namibië was. Soos Amerika se ambassadeur in die VN, me. Samantha Power, beklemtoon het: Implementering is alles. Alle VN-lidlande is verplig om die sanksies ingevolge resolusie 2321 nougeset na te kom, in die gees van die bedoeling van die resolusie, om enige verdere vermoë van die Noord-Koreaanse bewind om sy sinnelose wapenprogram te finansier, af te sny.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.38 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.19/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 827.10/T DOWN -0.96% | Brent Crude Oil US$ 88.83/BBP DOWN -0.0008 | Platinum US$ 910.63/OZ DOWN -0.0057 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.38 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.19/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 827.10/T DOWN -0.96% | Brent Crude Oil US$ 88.83/BBP DOWN -0.0008 | Platinum US$ 910.63/OZ DOWN -0.0057