Vryheid! Soort van u2026
Vryheid! Soort van u2026

Vryheid! Soort van …

[email protected]
Yandi Du Plessis
Ek het, soos die res van die land, Donderdagmiddag in spanning gewag vir die president se aankondiging.

“Moenie die noodtoestand verleng nie,” bid ek stil in my kop. Selfs op my relatiewe jong ouderdom, weet ek die land sal nie nog 'n inperking oorleef nie.

Uiteindelik gebeur iets op die grootskerm in die nuuskamer. So tussendeur die tegniese probleme probeer ek hard om te luister. Boonop sukkel ek om mooi te hoor wat die president sê. Uiteindelik hoor ek iemand sê “dis klaar”.

Ná 'n paar oomblikke van verwarring hoor ons darem die noodtoestand is nié verleng nie en die inperking word gelig. Halleluja! Ons is (meestal) vry. Ons mag weer vrylik tussen die streke beweeg en die (effens belaglike) curfew geld nie meer nie. Ons word egter wel nog “streng gemonitor”.

Ek voel weer soos 'n koshuiskind. Ek glo die meerderheid stem met my saam.

Van die reëls bly nog stewig in plek. Die kroeë, sjebeens en nagklubs mag heropen, maar mag net tot 22:00 drank bedien. Mnr. president, as iemand wat maar onlangs graad gevang het, kan ek vir u sê jongmense gaan meestal nie eintlik vóór 22:00 na nagklubs toe nie.

Ek is darem dankbaar ek kan weer my cheap bokswyn koop wanneer ek wil. Ons moet nog in ons spore trap en die verdomde maskers dra. Ek weet nie van jou nie, maar ek is redelik gatvol daarvoor om heeltyd my eie koolstofdioksied in te asem. Ek glo regtig nie dit kan in die langtermyn goed wees vir jou nie …

Ek haat dit dat ons hele lewens om dié virus draai. En ek is bekommerd oor ons land. Moet my nie kruisig nie, maar ek is meer bekommerd oor ons geestelike (en finansiële) gesondheid, eerder as ons fisieke gesondheid. Die mense wat geliefdes verloor het, het my innige simpatie.

Ek ken iemand wat nie eens getoets is nie, maar 'n paar dae later ingelig is sy toetsuitslag vir Covid-19 is positief. Dis nogal 'n kopkrapper. Maar 'n storie vir 'n ander dag …

In elk geval, soos ek gesê het, ek is bekommerd oor ons mense. Nie soseer bekommerd oor myself nie, maar oor dié wat op hul knieë gedwing is deur die inperking en gepaardgaande maatreëls. Ek is bekommerd oor dié wat in Suid-Afrika studeer en nie kan teruggaan nie, en wie se studies hieronder moes ly.

Ek is bekommerd oor die mense in die toerisme- en jagbedryf wat vir maande met hul hande gevou moes sit terwyl hul spaargeld stadig verdwyn terwyl hulle geen inkomste verdien nie.

Ek is bekommerd oor die wat kroeë en restaurante besit en vir dié wat in die bedryf werk. Oor dié wat hulle werke verloor het omdat hul werkgewers hulle doodeenvoudig nie meer kón betaal nie. Oor dié wat in vuil kwarantyngeriewe moes sit. Oor die ouers wat hul kinders klaar ingevat het koshuis toe, net om die volgende dag ingelig te word die wet is die vorige aand verander. Dít terwyl hulle steeds elke maand moet skoolgeld betaal terwyl die kinders in frustrasie by die huis sit (en hulle ouers teen die mure uitdryf).

Die onderwysers moet egter ook 'n inkomste verdien. Ek is baie bekommerd oor ons mense se geestesgesondheid. Geen mens kan maande in isolasie deurbring nie. Dit vreet aan jou. Die mense in ouetehuise wat basies gevangenes was en gehunker het na enige vorm van persoonlike interaksie – ek kan nie eens dink wat hulle moes deurgaan nie. Baie van my naasbestaandes is hierdeur geraak, en dis aaklig om te aanskou.

Ek hoop die gewig op dié mense se skouers word effens ligter. Ek is versigtig optimisties. Ek wil egter nie te vinnig praat nie…

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!