Vroue kan mu00f4re skaal laat swaai
Vroue kan mu00f4re skaal laat swaai

Vroue kan môre skaal laat swaai

Van die 26,7 miljoen kiesers wat geregistreer het om in Suid-Afrika te gaan stem, is 14,7 miljoen vroue en 12 miljoen mans.
Sarel van der Walt - Vroue se stemme kan 'n deur­slaggewende faktor in die algemene verkiesing op 8 Mei wees. Byna drie miljoen meer vroue as mans is as kiesers geregistreer, berig Sarel van der Walt oor dié en ander interessante feite oor die komende verkiesing.

Van die 26,7 miljoen kiesers wat hulle geregistreer het om te gaan stem, is 14,7 miljoen vroue en 12 miljoen mans. Dit wil sê vroue maak 55% van die kiesers uit, teenoor die mans se 45%.

Daar is vanjaar 1,3 miljoen kiesers meer as met die vorige algemene verkiesing in 2014.

Volgens statistieke van die Verkiesingskommissie (OVK) is die grootste getal kiesers (5,7 miljoen) wat hoop om op 8 Mei hul kruisie by die sowat 23 000 stempunte landswyd te trek jonger as 30 jaar oud.

Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte van die OVK, sê 'n rekordgetal van 48 partye is geregistreer om aan die nasionale ­verkiesing deel te neem. Dit is 19 meer as in die vorige algemene verkiesing.

PROVINSIALE ­VERKIESINGS

Vir die nege provinsiale verkiesings het 76 partye hulle geregistreer.

Die 36 partye wat hulle in Gauteng ­geregistreer het, is die meeste, en die 21 in die Noord-Kaap die minste.

23 partye se aansoeke is afgekeur, onder meer omdat hulle nie betyds hul deposito's betaal het of hul kandidatelyste ingehandig het nie.

Die registrasiegeld om aan eersgenoem­de verkiesing deel te neem is R200 000, terwyl die partye wie se name op die ­provinsiale stembriewe verskyn, ook moet opdok.

Hulle verbeur dié geld aan die ­staatskas as hulle nie 'n enkele lid tot die ­Nasionale Vergadering of die ­provinsiale ­wetgewers verkies kry nie. ­Andersins word dit aan hulle terugbetaal.

Met die vorige verkiesing moes elke party sowat 45 000 stemme kry vir 'n setel in die parlement.

Die getal stemme wat vanjaar nodig sal wees, sal afhang van hoeveel kiesers gaan stem.

Die naasgrootste groep kiesers is dié tussen 30 en 39 jaar oud. Dit is 3,52 miljoen vroue en 3,1 miljoen mans.

In die ouderdomsgroep bo 80 jaar het 637 631 mense hulle geregistreer.

In dié kategorie wen die vroue ­loshande – 459 972 teenoor die 177 659 mans.

Die meeste kiesers is in Gauteng ­geregistreer.

Pres. Cyril Ramaphosa, die ­ANC-leier, het in sy veldtog vir die ANC-­presidentskap reeds openlik na die vroue-stem gevry en hy doen dit steeds in die aanloop tot die verkiesing.

Mamabolo sê die OVK verwag sowat 80% van die 26,7 miljoen kiesers sal ­uiteindelik hul kruisies in die ­nasionale en provinsiale verkiesings gaan trek.

Baie ontleders meen hoe hoër die stempersentasie, hoe beter sal die ANC doen.

GAUTENG-KIESERS

In Gauteng is sowat die helfte van die kiesers (3,4 miljoen) jonger as 30 jaar. Dit is veral dié groep op wie Julius Malema se EFF hul oog het.

Meer as 29 000 mense het hulle geregistreer om op 27 April wêreldwyd by buitelandse missies te stem. Dié stemme word vroeër uitgebring om seker te maak dit is betyds terug in Suid-Afrika om saam met die stemme wat op 8 Mei landswyd uitgebring word, getel te word.

Daar is reeds begin om sowat 50 miljoen stembriewe te druk.

Mamabolo het op 'n mediakonferensie gesê hoewel dit 'n goeie ding vir die demokrasie is dat daar 'n rekordgetal partye aan die verkiesing deelneem, bemoeilik dit die OVK se voorbereidings.

“Daar is nie baie drukperse in die land wat stembriewe met soveel name op kan druk nie. Die groot stembriewe beteken ook dat ons meer houers moet kry waarin die stembriewe geplaas word.”

MEER KIESERS

Mamabolo sê die getal kiesers op die kieserslys het sedert 1999 met 47% ­toegeneem.

Sowat 1 000 beamptes sal landswyd aan diens wees om tydens die verkiesing enige konflik te besleg. “Dit is belangrik dat ons probleme sou gou moontlik besleg voordat dit handuit ruk,” sê hy.

Behalwe vir die nasionale uitslag­sentrum in Pretoria, sal daar soos in die verlede nege provinsiale uitslag­sentrums wees van waar die verkiesings in die onderskeie provinsies gekontroleer sal word. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026