Vroue in kwarantyn toets positief vir Covid-19
Henriette Lamprecht – Twee vroue het in kwarantyn positief vir Covid-19 getoets. Dit bring Namibië se totaal bevestigde Covid-19-gevalle op 18 te staan.
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), dr. Kalumbi Shangula, is die 17de geval ’n 66-jarige Namibiese vrou en geval nr. 18 is ’n 28-jarige Namibiese vrou.
Geen van die vroue toon volgens Shangula Covid-19-verwante simptome nie en albei se toestand is bevredigend. Beide vroue is getoets terwyl hulle in kwarantyn was en het vanaf Suid-Afrika na Namibië gereis.
Teen gister was 1 439 mense in kwarantyn in Namibië geplaas, van wie 926 reeds huis toe gestuur is. Tans is 513 mense in kwarantyn en word 243 kontakte volgens Shangula gemonitor.
Teen gister is 2 681 weefselmonsters getoets, waarvan 97 Woensdag getoets is. Hiervan was 95 negatief en twee positief.
Die ministerie se adjunk- uitvoerende beampte, me. Petronella Masabane, het vroeër gesê Namibië het sy teiken vir toetse vir Covid-19 aangepas tot 2,5% van die bevolking.
Volgens Masabane sal die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) vanaf vroeg tot middel Junie oor die kapasiteit beskik om 750 toetse per dag uit te voer. Dit sal die totale aantal toetse teen die einde van die huidige noodtoestand op 62 500 te staan bring. Met Pathcare wat nou ook plaaslik toets, sal sowat 90 000 toetse volgens Masabane uitgevoer word.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie