Vrou vir onwettige aborsie gevang
’n Jong vrou (25) is Woensdag in hegtenis geneem op klagte van aborsie en ’n poging om die geboorte van ’n baba te verberg.
NamPol se woordvoerder vir die Otjozondjupastreek, ao. Maureen Mbeha, het Woensdag aan Nampa gesê die vrou het na bewering die ses tot sewe maande oue fetus van ’n seun in haar huis geaborteer. Die abborsie het glo ook op Woensdag gebeur.
Sy het die fetus glo in ’n plastieksak toegedraai en in ’n handsak geplaas.
“Sy het toe ’n taxi gehuur om haar in die rigting van Karibib te vervoer,” het Mbeha gesê.
“Sowat 40 km ver op die Okahandja-Karibib-pad, het sy die taxibestuurder glo gevra om te stop en met die handsak uitgeklim. Enkele minute later het lede van die Okahandja-polisie, wat ’n wenk van die publiek ontvang het, op die toneel opgedaag en die vrou gekonfronteer.”
Mbeha sê die vrou het steeds die handsak met die fetus vasgehou.
Sy is op die toneel in hegtenis geneem en na die Okahandja-staatshospitaal geneem, waar sy die nodige mediese behandeling ontvang. Sy is onder polisiebewaking en moes vandeesweek in die hof op Okahandja verskyn.
Sy het reeds ’n vierjarige seun. Die polisie se ondersoek duur voort. – Nampa.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie