Vrou van Afrika
Vrou van Afrika

Vrou van Afrika

[email protected]
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh

Vrou van Afrika, ek sien jou. Waar jy reeds oor die eeue heen oor dorre vlaktes stap, gebarste hakke, kinders geabba. Doring en duwweltjies, jou voete trap dit mis.

Of stampend en stotend in veerlose donkiekarre, ossewaens oor die ruwe, ongetemde wêreld heen. Jy maak dit mee, hande grof gewerk om ook hout bymekaar te maak. Vanaand kook jy in die rook op 'n swartgebrande pot.

Die kleintjies leer gou om na hulself om te sien, in die landerye waar jy skoffel en plant, waar jy aldag werkskaf. Dan pas hulle skape en beeste op, heeldag en aldag. Want elkeen hier moet sy bydrae maak.

Hulle moet só gou grootword.

Ek sien jou: As jy jou siek kind die hele nag lank vashou. Toegang tot en geld vir medisyne is daar nie altyd nie. Net die moederbors. Miskien 'n bietjie muti, miskien 'n bietjie troos.

Sterk vrou, jy!

Van die hand na die mond verdien jy vir jou en jou kinders. Huise skoonmaak, houtskool pak, onkruid skoffel, doeke ruil en kinders buite hospitale baar – ál jou sweet vir 'n aalmoes of twee. Stap jy kilometers elke dag om in dit in die aanskyn van jou sweet te verdien.

Ek sien jou as jy jou kinders iewers moet los om jou brood en botter te gaan verdien – in 'n donker gehuggie of by 'n skooltjie of dagsorg. Ek sien die trane as hulle moet agterbly. Ek sien jou douvoordag in die koue, wanneer jy wasgoed met jou hande was. Ek sien jou waar jy water gaan haal, daar vér.

Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, nogtans sal jy jubel. Jy sal wéér op die reën wag, jy sal weer gebukkend in die lande werk.

Saluut.

Elders praat hulle oor die jongste manikuur en pedikuur, maar in Afrika praat jy oor die volgende bord kos, oor sente en hárde werk. Dis ook maar al waaroor jy praat. Verder bly jy stil, soos dit 'n vrou betaam, dat die mans besluit.

Ek sien jou, vrou van Afrika.

Dikwels stemloos en stom, maar jou hande sorg. Jou hande práát en jou hande maak die volgende geslag groot. Dade, wat jy met die hánde doen, spreek mos harder as woorde.

Stom, dog magtig jy. Want die een wie die pasgebore baba ontvang om groot te maak is ook die een wat die toekoms in haar hande hou.

Sien jy dit ook nou, vrou van Afrika? Sien jy dat die toekoms saam met jou 'n pasgebore baba in jou arms lê? Jou hande sal dit vorm en skep.

Stom? Nee, sterk vrou, jy!

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A