• Tuisblad
  • Gesondheid
  • Vrou toets positief vir Omicron in Tseggiese Republiek ná besoek aan Namibië
Vrou toets positief vir Omicron in Tseggiese Republiek nu00e1 besoek aan Namibiu00eb
Vrou toets positief vir Omicron in Tseggiese Republiek nu00e1 besoek aan Namibiu00eb

Vrou toets positief vir Omicron in Tseggiese Republiek ná besoek aan Namibië

Henriette Lamprecht
'n Finale ontleding by 'n hospitaal in die stad Liberec in die Tseggiese Republiek het getoon 'n 60-jarige vrou wat teruggekeer het van 'n reis na Namibië het positief vir Omicron getoets. Tseggiese televisie sê die vrou het tien dae gelede deur Suid-Afrika en Dubai van Namibië teruggekeer. Volgens plaaslike media in die land is die vrou tans geïsoleer saam met agt ander mense wat deel van dieselfde toergroep was en wat haar familielede insluit. Kontakte van elkeen word nou nagespoor en ondersoek.

Kommentaar

Republikein 2025-07-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer