Vrou toets negatief vir coronavirus

Voorsorgmaatreëls in plek

06 February 2020 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – ’n Dertigjare vrou wat sedert Vrydagaand in isolasie in die staatshospitaal op Swakopmund was, het negatief vir die coronavirus getoets. Die vrou het Sydney in Australië besoek en via Doha en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako na Namibië teruggekeer. Hoewel monsters van die vrou na Suid-Afrika vir toetsing gestuur is en die uitslae binne enkele dae ontvang is, gaan daar binnekort plaaslik vir die siekte getoets kan word.

Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), dr. Kalumbi Shangula, het die vrou se simptome hoes, ’n loopneus en ’n kopseer ingesluit. Buiten dat sy ’n land met bevestigde gevalle van die virus besoek het, het sy volgens Shangula ook ’n vlug met Chinese gedeel wat maskers gedra en gehoes het.

As voorkomende maatreël het ’n mediese beampte by die hospitaal besluit om haar as ’n moontlike geval van die coronavirus te isoleer.

Die vrou het saam met sowat 30 ander pasiënte in ’n ry vir mediese personeel gewag. Die kontakbesonderhede is van die ander pasiënte geneem en as voorsorgmaatreël is hulle opdrag gegee om hulle tuis te isoleer. Sou hulle enige simptome van die siekte toon, moes hulle onmiddellik by ’n hospitaal of kliniek aanmeld. Gesigmaskers is ook aan ander pasiënte by die hospitaal verskaf.

Twee susters, wat die moontlike coronapasiënt versorg het, is ook in isolasie geplaas. Gesondheidspersoneel wat laasgenoemde en die moontlike coronapasiënt versorg het, het ook beskermende klere gedra.

Volgens Shangula is monsters van die vrou geneem en na die Internasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD) se laboratorium in Johannesburg, Suid-Afrika gestuur. Die NICD is ’n laboratorium geakkrediteer by die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) wat gespesialiseerde diagnostiese en patologiese dienste aan lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) met betrekking tot skaars en ongewone siektes verskaf.

Volgens Shangula bevestig die uitslag die ministerie se skanderingsmetode by die lughawe is doeltreffend en betroubaar. Met verwysing na die plaaslike toetsing vir die siekte, het die minister gesê die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) beskik oor die nodige infrastruktuur, maar word gewag op reageermiddels (regents) wat binnekort in Namibië behoort te wees.

Shangula het verwys na verskeie maatreëls wat die ministerie ingestel het om enige uitbreking van die siekte in die land te hanteer en te beheer. Dit sluit in isolasiegeriewe by die Windhoek Sentrale Hospitaal (Saal 6), terwyl isolasiegeriewe by die Hosea Kutako-lughawe beraam word. Die ministerie was ook in gesprek met die ministerie van verdediging om sy mobiele veldhospitaal as ondersteuning by die lughawe te ontplooi. ’n Versoek is ook aan die ministerie van werke en vervoer, sowel as die Nasionale Lughaweowerheid (NAC) gerig om die aankoms van vlugte so te skeduleer om ophoping te vermy en sodoende die doeltreffende skandering van passasiers te verhoog. Daar is ook versoek dat alle huurvlugte se aankomste van buite Namibië deur die Hosea Kutako-lughawe en die Walvisbaaise lughawe geskied om die gesondheidsrisiko van internasionale reise te verminder.

Reëlings sal ook deur burgerlugvaartowerhede in samewerking met gesondheidsbeamptes op lughawens getref word vir alle internasionale huurvlugte om met hul aankoms by verskillende plaaslike lughawens geskandeer te word.

Die aankoop van bykomende toerusting vir infeksiebeheer is volgens Shangula aan die gang. Aanvanklike besendings is reeds na die verskillende grensposte gestuur. – [email protected]

Soortgelyk

 

Damme voller

4 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

4 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Goliath, the giant

4 ure gelede | Mense

Elizabeth Joseph Born and raised in Windhoek, Romio Goliath started wrestling when he was 10. Being part of the After School Centre Wrestling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

4 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...

Weer vir 25 Februarie

4 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms word in die noordoostelike streke, Otjozondjupa-, Khomas- en suidelike streek verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk in die...

Corona: Afrika 66% gereed

4 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Afrika se algehele gereedheidsvlak vir die coronavirussiekte (covid-19) staan op 66%. Volgens dr. Matshidiso Moeti, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se streeksdirekteur vir Afrika,...

Grondonmin smeul op Tsumeb

4 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Die man wat hom midde-in ’n gronddebakel op Tsumeb in die Oshikotostreek bevind, mnr. Christo Groenewald, sê hy is moedeloos.As die regering...

Delta School Windhoek turns 50

4 ure gelede |

Former principal, Peter Schlenther during the 50th birthday celebration of the Delta School Windhoek. My Zone would like to wish them a happy birthday and...

A leap year,

4 ure gelede | Kortnuus

also known as an intercalary year or bissextile year, is a calendar year that contains an additional day, or, in the case of a lunisolar...