Vrou se lyk in kêrel se huis gekry
Die liggaam van ’n 28-jarige vrou is Saterdagoggend in haar kêrel se kamer in die Khaubeb-woonbuurt op Aus gekry. Volgens die polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die //Kharasstreek, adj. Komm. Chrispin Mubebo, is die vrou met ’n mes gesteek en het sy verskeie oop wonde aan haar gesig en kop gehad. Volgens Mubebo is ’n 32-jarige man vandag in verband met haar dood in hegtenis geneem en sal hy môre (Maandag) in die hof verskyn. - Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie