Vrou gryp in vir kinders, vroue

Sy wil Rehoboth inspireer en ophef

30 July 2020 | Gemeenskap
Tanja Bause – Me. Martha McNab het die nood in haar geboortedorp Rehoboth weens die Covid-19-pandemie raakgesien en besluit om iets daaraan te doen.

Sy het The Step Up Ark Foundation begin, nie net om kinders van die Burgershoek- informele nedersetting te voed nie, maar ook om hulle aan sport bloot te stel. Haar doel is ook om die kinders en hul ma's verskillende vaardighede aan te leer sodat hulle hul lewenstandaard kan verbeter.

McNab is op Rehoboth gebore en het haar pa op vierjarige ouderdom verloor. Haar ma het haar alleen grootgemaak.

“Ek het op die stofstrate van Rehoboth grootgeword en vandat ek as kind hier rondgehardloop het, het ek gesien niks het verander nie. Dit lyk nou nog so in die dorp, of nog erger. Ek het besef ek sal iets moet doen.”

McNab besit haar eie haarsalon in Windhoek, met 'n tak op Rehoboth.

Sy het 'n rukkie in Windhoek gewoon, maar het sowat ses jaar gelede weer terug Rehoboth toe getrek.

Volgens haar het sy haar hele lewe lank gestap en sowat vier jaar ná die geboorte van haar tweelingseuns het sy 'n drawwer geword.

“Ek wou net meer doen en het begin hardloop. Ek het verlede jaar vir die Twee Oseane-marathon in Kaapstad ingeskryf, maar ongelukkig het ek twee weke voor die tyd my voet gebreek. Dit het my egter nie teruggehou nie en ek hardloop weer, dalk nie heeltemal meer so ver nie, maar ek sal weer regkom. As jy die wil het en jou ingesteldheid is reg, is daar niks wat jy nie kan doen nie.”

Terwyl sy so deur die stofstrate van Rehoboth gedraf en die talle kinders op straat gesien het, het sy besluit om in te gryp.

“Ek het vir my tweeling en my oudste dogter gesê vandag gaan ons vir die kinders kos gee. Ek het sop gemaak en ons het dit na die kinders geneem. Ek was geskok toe sowat 250 kinders opdaag. Ek het heeltemal te min sop gemaak.”

Sy het besef sy moet op een gebied konsentreer en het vir Burgershoek gekies.

“Ek het met die vroue gaan praat oor wat hulle behoeftes en hulle probleme is. Ek het agtergekom baie van die ma's moet werk en moet noodgedwonge hul kinders alleen by die huis los. Hulle is bekommerd oor die kinders se veiligheid, maar het ook nie die geld om hulle na 'n kindergarten te vat nie. Die vroue was ook gewillig om iets vir hulle self te doen. Dus het ek vir hulle materiaal gekoop sodat hulle maskers vir hulself en hulle kinders kan maak. Dit was eerstens belangrik dat almal veilig is.”

McNab het begin navrae doen oor waar 'n informele kindergarten opgerig kan word en hulle het vir haar 'n oop erf en boom gewys.

“Hulle het die plek skoongemaak en nou kook die vroue elke oggend pap vir die kinders. Ek verskaf net die pap. Die klein kinders word dan ook onder die boom gehou sodat hulle nie kan rondloop nie. Ek noem dit die ontbytkombuis, want op die oomblik gee ons net pap aangesien ek dit alles meestal self finansier.”

Wanneer sy nou saans deur die strate draf, is daar gewoonlik kinders wat saam met haar hardloop.

“Ek wil hulle inspireer om aan sport deel te neem. Ek wil hê hulle moet besef en glo dat niks onmoontlik is nie en dat jy nooit moet opgee nie. Werk en maak die lewe vir jouself beter.”

Op die oomblik voed die ontbytkombuis ongeveer 150 kinders. Wanneer McNab meer geldelike ondersteuning ontvang, kan die getal styg.

Sy het ook 'n oop stuk grond wat sy deur The Step Up Ark Foundation aan die gemeenskap wil skenk, sodat vroue en kinders 'n veilige hawe het waar hulle verskeie vaardighede kan aanleer.

“Ons kan tuinmaak. Die groente kan in die sopkombuis gebruik word. Die vroue en kinders kan leer om te plant en 'n inkomste uit die oeste verdien. Die vroue kan ook naaldwerk doen. Dit is my droom om so 'n heenkome te skep en ek het al 'n span professionele mense wat my sal bystaan, want alleen kan ek dit nie doen nie. Saam kan ons iets vir die gemeenskap van Rehoboth doen.

“Ek wil nie die wêreld red nie, maar ek sal gelukkig wees as ek een kind en een vrou kan red en hulle 'n beter lewe kan lei.”

[email protected]

Soortgelyk

 

Vandag se Covid-19-data

4 ure gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir Maandag 10 Augustus 2020, soos om 15:00 vanmiddag aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr....

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

5 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

10 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

21 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

21 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

21 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

21 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

21 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

21 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...