Vrou glo deur neef doodgewurg
Me. Natuwana Mayinga (86) is glo deur haar neef doodgewurg omdat sy volgens hom 'n heks was.
Die voorval het omstreek 08:00 Vrydag by die Tjova-nedersetting in die Mukwe-kiesafdeling naby Rundu plaasgevind. Kavango-Oos se koördineerder vir misdaadondersoeke, adj.komm. Willie Bampton, het gesê die verdagte het glo 'n tou gebruik om Mayinga te verwurg.
Haar naasbestaandes is in kennis gestel en die verdagte het reeds in Rundu-landdroshof verskyn.
In 'n ander voorval is die Namibiese polisie in die Oshikotostreek op soek na 'n Namibiese weermaglid (NDF) wat na bewering 'n 13-jarige verkrag het. Volgens die adjunkkoördineerder van misdaadondersoeke in die Oshikotostreek, hoofinsp. Edna Nawa, het die voorval omstreeks 21:00 Donderdag by die Onhiihwa-nedersetting in die Oshikotostreek plaasgevind.
Dit word beweer die 58-jarige verdagte, wat die slagoffer se oom is, het die minderjarige geld belowe en daarmee die bosse ingelok waarna hy onder dwang gemeenskap met haar gehad het.
Die verdagte, wat in Windhoek gestasioneer is, se naam kan nie genoem word nie om die identiteit van die slagoffer te beskerm.
“Die verdagte skuil nog iewers, maar die polisie werk hard om hom vas te trek," het Nawa gesê. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie