Voubare foon laat foendiu2019s na hul asem snak
Voubare foon laat foendiu2019s na hul asem snak

Voubare foon laat foendi’s na hul asem snak

Dit klink na wetenskapsfiksie, maar dié foon is inderdaad ’n werklikheid.
Petrus Malherbe – Ten spyte van etlike steelfoto’s en onbevestigde gerugte kon Samsung Woensdagaand steeds ’n haas uit die hoed ruk.

Nie net het dié Suid-Koreaanse tegnologiereus – en die wêreld se grootste vervaardiger van slimfone – drie weergawes van sy nuwe vlagskipfoon bekend gestel nie, hy het tegnofoendi’s ook die eerste keer in jare na hul asems laat snak.

Hier is vyf van die grootste aankondigings wat Samsung Woensdag op ’n spoggerige geleentheid in Johannesburg gemaak het.

1. Die voubare foon is ’n werklikheid

Die skindertonge het reeds so vroeg as in Mei verlede jaar begin klap dat Samsung werk aan ’n toestel wat jy as’t ware in die helfte kan vou. Dit klink dalk na wetenskapsfiksie, maar joernaliste en eregaste het Woensdagaand op die Samsung-geleentheid in Sandton gesien dat die foon inderdaad ’n werklikheid is.

Die Samsung Galaxy Fold, soos hy genoem word, is ’n ietwat bonkige affêre, maar dis verstommend om te sien dat die skerm soos ’n stuk papier middeldeur vou.

Opgevou is die Fold byna so breed soos jou televisie se afstandbeheerder. Sodra jy dit oopvou, verander dit in ’n kristalhelder tablet met ’n ruim skerm van 7,3 duim, oftewel 18,5 cm.

Die Fold bevat twee batterye, een agter elke skerm, maar interessant genoeg geen gewone opening vir oorfone nie.

Dié fone was op Woensdag se geleentheid agter slot en grendel bewaar en geen foto’s is toegelaat nie.

Sover bekend beplan Samsung om die foon in April beskikbaar te stel.

Die prys?

Staal jouself solank vir ’n gesprek met jou bankbestuurder, want die Galaxy Fold gaan jou spaarbussie ruk. Die voorgestelde prys in Amerika is $1 980 (sowat R28 000) wat dit waarskynlik twee keer duurder as die iPhone Xs maak.

2. Een, twee, drie nuwe Galaxy fone kom

Soortgelyk aan Apple se strategie met sy jongste iPhone het Samsung Woensdag ook drie nuwe weergawes van die Samsung Galaxy S10 bekend gestel.

Daar is die “standaard” S10, die groter S10+ en ’n meer begrotingsvriendelike S10e wat van die ander twee toestelle se tierlantyntjies ontslae geraak het.

Gerugte oor die drie nuwe Galaxy-fone blyk grootliks waar te wees. Die S10 en S10+ spog met ’n kristalhelder skerm en drieledige kamerastelsel.

3. Dié foon is duur

Al drie die nuwe Galaxy-fone is van 8 Maart af in Suid-Afrika beskikbaar.

Suid-Afrika is deel van die eerste groep lande wat die nuwe S10 kry saam met Amerika en Suid-Korea, waar dit vervaardig word.

Samsung het die voorlopige pryse van die S10 bekend gemaak, maar benadruk dit is nog onderhewig aan verandering en onderhandelinge met diensverskaffers.

Die goedkoper S10e se prys beloop R15 999. Die S10 se prys begin by R18 999 vir die model met 128 gigagrepe stoorspasie.

Die S10+ se prys begin by R20 999 vir die model met dieselfde hoeveelheid stoorspasie.

Maar wat van daai massiewe model wat met 1 teragreep se stoorspasie spog?

Haal diep asem, want dié Galaxy S10+ gaan jou minstens R35 999 uit die sak jaag. Eina.

4. Redigeer professionele video’s met jou foon

Nóg ’n lekker verrassing wat Samsung Woensdag aangekondig het, is dat videograwe die S10 sal kan gebruik om professionele video’s te redigeer.

Die maatskappy het met Adobe kragte saamgesnoer en sluit nou kragtige redigeringsprogrammatuur op die nuwe Galaxy in.

5. Nuwe oorfone en fiksheidstoestelle kom ook

Oudergewoonte vergeet Samsung nie van die fiksheidsentoesiaste nie.

Twee nuwe fiksheidstoestelle is ook Woensdag aangekondig.

Albei is waterdig en kan na hartelus saam met jou swem terwyl dit jou hartklop monitor.

Die Galaxy Watch Active lyk op ’n haar soos ’n gewone horlosie en kom in een standaardgrootte, maar in verskillende kleure vir mans en vroue.

Die Galaxy Fit lyk meer soos ’n Fitbit, is dunner en spog met ’n batterylewe van minstens ’n week, sê Samsung.

Dié toestelle is ook vanaf 8 Maart beskikbaar, maar die Suid-Afrikaanse prys is nog onbekend.

In Amerika gaan die Watch Active teen $199 verkoop terwyl die Fit $99 kos.

Dan is daar ook nuwe, koordlose oorfone. Die Galaxy Buds gaan ingesluit word as ’n spesiale geskenk vir die eerste paar mense wat die nuwe Galaxy S10 op 8 Maart aanskaf, het Shameel Joosub, Vodacom se uitvoerende hoof, bevestig.

Nes Apple se AirPods word die Galaxy Buds in ’n oulike houertjie gestoor wat dit sommer ook herlaai. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026