Vorms vir pro rata-viskwotastelsel uitgereik
Vorms vir pro rata-viskwotastelsel uitgereik

Vorms vir pro rata-viskwotastelsel uitgereik

Gerine Hoff
Otis Finck op Walvisbaai - Die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, het Namibië se 358 konsessiehouers aangemoedig om die voltooiing van vorms vir die pro rata-viskwota­stelsel ernstig op te neem.
Die vorms is verlede week elektronies uitgereik en Esau het gesê hy wil hê die stelsel moet binne twee maande geïmplementeer en operasioneel wees.
Hy het gewaarsku dat diegene wat verkeerde inligting verskaf of nood­saaklike inligting uitlaat, straf kan verwag wat wissel van die verlies van ’n porsie van hul kwota of die volledige afkeuring van kwotas in die volgende seisoen.
Hy het dié stelling Donderdag op Walvisbaai gemaak tydens die bekendstelling van die vorms vir die pro rata-stelsel.
“Die prosesse waarby ons betrokke is, is daarop gemik om die bestaande stelsel te verbeter om dit meer deursigtig en voorspelbaar te maak. Alle konsessiehouers se data moet voor of op 30 September die ministerie bereik sodat ons genoeg tyd het om dit te verwerk voor die nuwe seisoen begin.
“Data wat deur middel van die nuwe vorms ingesamel word, kan en sál gebruik word om as basis te dien vir die toekenning van kwotas in die volgende visseisoen,” het hy gesê.
Die minister het voorts gesê dit is vir sy ministerie belangriker om meer tyd te bestee aan die evaluering van prestasies en toekenning van kwotas aan konsessiehouers as om te verifieer of inligting wat deur konsessiehouers ontvang is, eerlik en volledig is.
“Verifiëring verg baie tyd, veral in die lig dat ons 358 konsessiehouers het wat elkeen baie data en lêers het waardeur ons moet sif. Ons hoop is om deursigtigheid en aanspreeklikheid in die toekenning van viskwotas te verbeter; dit verg egter ’n groot mate van eerlikheid van almal, veral in terme van die data wat deur konsessiehouers voorsien word.”
Die bepaling van agt evalueringsfaktore en gewigte vir kwotatoekenning, sluit in of die aansoeker ’n Namibiese burger is en tot watter mate sy/haar maatskappy tot voordeel van Namibiërs is. Nog ’n vereistes is dat die eienaarskap van enige vaartuig wat deur die aansoeker gebruik word, oor wettige en geldige permitte moet beskik om eienaarskap te bevestig. Die aansoeker sal ook punte toegeken word vir sy/haar vermoë om die konsessie op ’n bevredigende wyse uit te oefen, en die bevordering van mense in Namibië wat in die verlede op maat­skaplike, ekonomiese of opvoedkundige vlak teen gediskrimineer is, sal ook in ag geneem word.
Esau het aangekondig dat hy die moontlikheid oorweeg om die versamelde data binne verskillende afdelings van sy ministerie te verdeel, aangesien hierdie inligting nie vertroulik van aard is nie. Só kan konsessiehouers vir seker weet dat diegene wat hoër punte toegeken word en dus meer kwotas ontvang, wel dié hoeveelhede verdien.
Esau het konsessiehouers ingelig dat die toekenning van gewigte aan elkeen van die agt vereistes en die publikasie van die nuwe pro rata-stelsel in die Staatskoerant, die enigste twee stappe is wat nodig is om die proses te voltooi.
“Die toekenning van gewigte vir die vereistes soos uitgestippel is nie ’n tegniese proses nie, maar ’n beleidsaak. Ek sal ’n besluit oor hierdie kwessie neem in oorleg met die regering en die industrie mettertyd inlig. Die publikasie daarvan in die Staatskoerant sal direk daarna volg.”
Die ministerie en die bedryf het op 6 Maart vanjaar toe die hersiening van die pro rata-stelsel vir kwotatoekennings bekend gestel is, onderneem om die bestaande stelsel meer deursigtig en aanspreeklik te maak, gegrond op die prestasies van individuele konsessiehouers.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026