Voorstelle vir menseregte-projekte gevra
Die Duitse ambassade vra voorstelle vir menseregte-projekte in Namibië.
Volgens ‘n verklaring deur die Duitse ambassade in Windhoek is die beskerming en bevordering van menseregte 'n sleutelprioriteit van die Duitse regering. Artikel 1 van die land se grondwet bepaal dat menseregte die grondslag van elke gemeenskap asook vrede en geregtigheid in die wêreld is.
“Dit beteken dat Duitsland daartoe verbind is om menswaardigheid te bevorder en fundamentele vryhede, nie net in Duitsland nie, maar ook elders in die wêreld te beskerm,” lui die verklaring.
Om dit te verwesenlik, voorsien die Duitse federale buitelandse kantoor geld vir die borg van verskeie projekte wat menseregte oor die wêreld, veral in ontluikende en ontwikkelende lande, beskerm.
Geld vir die projekte sal vanaf Julie 2018 beskikbaar wees. Projekte moet dan begin en in 2018 ten volle geïmplementeer wees. Gevolglik moet die projekte tussen drie en vyf maande duur.
Die bedrag wat beskikbaar is, wissel tussen €20 000 en €70 000.
Die aansoek moet ‘n gedetailleerde finansiële plan asook die gebruik van eie bronne aandui. Dit moet ook ‘n beskrywing insluit van hoe die resultate van die projek aan die publiek bekend gestel sal word, byvoorbeeld ‘n persverklaring of die aanbied van openbare geleenthede.
Die sperdatum vir aansoeke is 31 Oktober 2017.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie