Voorspoedige Chinese Nuwejaar!
Die Chinese gemeenskap in Namibië het Saterdag Chinese Nuwejaar op luisterryke wyse met tradisionele danse, kuns en kultuur gevier. Chinese burgers, Namibiese regeringslui, spesiale gaste en hul families het die fees bygewoon. Volgens Chinese astrologie is dit vanjaar die Jaar van die Haan. Die Chinese ambassadeur in Namibië, mnr. Qin Xeujun, het in sy toespraak gesê die vriendskap tussen China en Namibië verdiep. Mnr. Utoni Nujoma, die minister van grondhervorming, het ’n beroep op alle Chinese burgers in Namibië gedoen om die wette van die land te gehoorsaam. Foto's Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie