Voorkom nóg ’n Walvisbaai

Kort voor sy afdanking het die president se gesondheidsraadgewer gewaarsku dít wat in die virus se huidige episentrum gebeur het, moet verhoed word.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith – Die voormalige gesondheidsraadgewer in die presidensie, dr. Bernard Haufiku, het onlangs gesê om die stygende aantal Covid-19-infeksies te pak, sal spanwerk verg tekenend van ’n land wat baklei teen ’n gevaarlike vyand te midde van ’n dodelike oorlog.

“Die waarheid is: Walvisbaai en die Erongostreek is onvoorbereid deur die pandemie gevang,” het hy verlede week gesê toe daaglikse infeksies begin toon het gemeenskapsoordrag kom toenemend oraloor voor.

Volgens onlangse data is 100 nuwe infeksies tussen 21 Julie en 1 Augustus in Windhoek aangeteken.

Vrydag is 14 nuwe infeksies in die hoofstad aangeteken, terwyl 29 infeksies Saterdag in Windhoek bekend gemaak is.

“Ek hoop ons het genoeg uit die situasie op Walvisbaai geleer om nooit toe te laat dat dit elders in Namibië gebeur nie. Die land kan eenvoudig nie bekostig om ’n tweede Walvisbaai te hê nie,” het Haufiku benadruk.

Syns insiens behoort “al ons beplanningsaktiwiteite en pogings in die res van Namibië nou soos ’n oorlogkamersituasie hanteer te word” om te keer dat Windhoek en ander plekke ook Covid-19-gevaarpunte word. “Ons moet 24/7 beplan en optree. Geen naweke nie. Geen vakansies nie.”

Volgens hom het alle Namibiërs ’n rol om te speel om te keer dat die virus gesondsheidsinstellings lamlê. “Dit sal afhang van nie net een mens of sektor nie, maar van almal van ons en ons gesamentlike pogings as Namibiërs.”

Hy het toe gemaan die stryd teen gemeenskapsinfeksies laat geen ruimte vir “blaam en politieke speletjies nie”.

Maar, het hy ook gewaarsku, dit sal geen verrassing wees nie as Windhoek se getalle bly klim en die hoofstad uiteindelik die episentrum word.

Uitdagings

Sedert die pandemie Namibië getref het, het kundiges gewaarsku ’n uitbreking van gemeenskapsoordrag in dig bewoonde en ondergedienste stedelike informele nedersettings hou ’n ramp in.

Informele huisies waarin gesinne in oorvol omstandighede woon met min ventilasie en sonder binnenshuise loodgieterwerk, is ’n teelaarde vir aansteeklike siektes om vinnig te versprei.

Boonop is daar reeds ’n hoë aantal aansteeklike siektes, soos hepatitis E, in informele nedersettings.

Dié drie jaar lange uitbreking is regstreeks gekoppel aan ’n gebrek aan sanitasiegeriewe en gebrekkige toegang tot skoon, lopende water.

Aanvullende gesondheidskwessies, soos ’n hoë voorkoms van MIV en tuberkulose, staar ook dié gemeenskappe in die gesig.

Die Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) het in 2019 geraam meer as 300 000 inwoners bewoon Windhoek se informele nedersettings.

Die plaaslike verteenwoordiger van die Amerikaanse Sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming (CDC), dr. Eric Dziuban, het verlede week opnuut gesê dit is belangrik vir mense wat Covid-19 onder lede het om hulle af te sonder om verdere verspreiding te voorkom.

“Maar as mense in oorbevolkte omstandighede woon en geriewe, soos toilette en waterpunte, deel, is dit nie moontlik in daardie ruimtes nie. Gevolglik versprei die virus vinnig deur ’n gemeenskap.”

Dziuban het daarop gewys gesondheidsgeriewe maak voorsiening vir ’n aantal gesondheidskwessies en derhalwe is dit noodsaaklik om te “verseker die gesondheidstelsel kan aan al die behoeftes voldoen – nie net om die mas met Covid op te kom nie”.

Hy sê ofskoon Namibië die afgelope ses maande vir die verspreiding van die virus voorberei het, “sal dit nie maklik wees nie, en ons moet verwag dat gesondheidsdienste onder druk gebuk sal gaan”.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het self ook verlede week kommer uitgespreek oor die aantal stygende infeksies.

Naas ’n gebrek aan gesondheidswerkers, het hy gesê sommige mense het ook begin optree asof die pandemie iets van die verlede is. “Hierdie gevaarlike en valse sin van veiligheid stel ons land verder aan risiko bloot.”

Haufiku is Maandag op aanbeveling van Shangula deur pres. Hage Geingob van sy pligte onthef.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!