Voorbereiding vir NSSCAS hou koers

Handboeke, opleiding nie deur noodtoestand gekortwiek

14 September 2020 | Ministeries
Henriette Lamprecht – Voorbereidings vir die implementering van die eerste Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat op Gevorderde Aanvullende Vlak (NSSCAS) in 2021 gaan voort, met goedgekeurde sillabusse wat in Oktober aan skole uitgestuur sal word.

Die woordvoerder van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, mnr. Absalom Absalom, het bevestig voorbereidings vir die implementering van NSSCAS is op koers, ten spyte van ’n vertraging wat deur die inperking veroorsaak is.

Absalom sê die evaluering van handboeke buiten vir drie vakke is voltooi en is aan drukkers voorgelê. Die laaste drie vakke se evaluering sal vandeesmaand geskied.

Die katalogus vir skoolhandboeke is ook reeds saamgestel en aan skole uitgestuur.

Vraestelle in die meeste vakke is ook geoormerk vir die nasionale eksamen in 2021, terwyl werkwinkels vir fasiliteerders plaasgevind het tot Windhoek, Okahandja en Rehoboth ingeperk is.

Sommige werkwinkels wat deur Cambridge gefasiliteer word, duur aanlyn voort.

Die beperking van tien mense het ons gekniehalter, anders sou ons kon voortgaan met onderwysers van Khomas, Rehoboth en Okahandja.”

Absalom sê NSSCAS is ’n kwalifikasie op sy eie, met die toelatingsvereiste wat ’n C-simbool op die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat vir Gewone Vlak (NSSCO) in die vakke is wat op gevorderde vlak (AS) geneem gaan word. Die minimum is drie vakke.

“Dit beteken die huidige graad 11-leerlinge wat vanjaar die NSSCO-eksamen skryf, moet so voorberei dat hulle aan die minimum-vereistes voldoen om vir NSSCAS toegelaat te word,” het hy gesê.

Met verwysing na die verklaring van die noodtoestand in Maart vanjaar, sê Absalom was die meeste vaksillabusse tot ’n groot mate reeds gedek.

NSSCO-leerlinge het volgens hom na klaskamers teruggekeer ten spyte van sporadiese sluitings in minder as 20% van die skole.

Leerlinge behoort dus nou met die hulp van onderwysers hersiening te doen ter voorbereiding van die eksamens in November en Desember.

Absalom het beklemtoon die NSSCO-eksamens vir beide die ou en hersiene leerplan gaan ten spyte van die uitgebreide sluiting van skole weens die Covid-19-pandemie voort.

“Aangesien dit ’n tweejaarkursus is, het die meeste skole 80% en meer van die inhoud teen Maart gedek toe die noodtoestand afgekondig is. Graad 11- en 12-leerlinge het ook ’n paar maande gelede met aangesig tot aangesig klasse begin.”

Daar sal geen leerlinge wees wat om redes wat verband hou met die noodtoestand nie eksamen skryf nie, het hy gesê.

“Net soos in ander jare sal jy moontlik een of twee leerlinge hê wat miskien in die hospitaal was of ernstig siek is en nie kan skryf nie. Leerlinge sal die geleentheid gegun word om hul simbole te verbeter deur middel van deeltydse instellings wat by die ministerie geregistreer is. Sou daar probleme opduik, sal dit per geval hanteer word.”

[email protected]

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

10 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

10 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

10 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

10 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

10 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

10 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

10 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

10 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...