Voetslaan deur die Namib

Jakkalse vergesel stappers

16 September 2019 | Toerisme
Mark Hurter - Sewentien Suid-Afrikaanse avonturiers het onlangs ‘n staptog van sowat 100 km deur die Namibwoestyn aangedurf.

Die staptog is deur die toeragentskap Live the Journey georganiseer en is onder meer ook as ‘n verkenningstog onderneem om vas te stel of dit later meer dikwels en kommersieel aangebied kan word.

Die staptog het ook saamgeval met die 110de herdenking van die Eduard Bohlen-skeepswrak se stranding op 6 September 1909.

Dié skip se kaptein, ene Parow, was ook kaptein van die vorige twee skepe wat hier gestrand het, waarvan een die Otavi is.

Die bekende Parow-woonbuurt in Kaapstad is na hom vernoem.

Die groep het op verlede Sondag sowat 30 km suid van Walvisbaai by Sandvishawe afgeskop en het hul tog verlede Vrydag by die Eduard Bohlen-wrak voltooi.

Een van die stappers, me. Susina Jooste, direkteur van The Private Hotel School op Stellenbosch, het as gebore Namibiër ‘n noue band met die land. Susina het op die plaas Ruimte net noord van die Etoshapanne grootgeword. Die staptog was vir haar ’n persoonlike sege.

“Hierdie was ‘n dieper dankie-sê vir 60 jaar se seëninge en baie genade. ‘n Saluut aan my pa, Louis Fourie, wat die grondslag vir ons gesin gelê het om ook voetspore in ons geboorteland na te laat.”

Die staproete het strandlangs gekronkel en soms ook land in.

Afstande van tussen 22 en 25 km per dag is deur sand en seeskuim afgelê, oor duine en ook langs die bekende Langewand, ‘n 30 meter hoë muur van sand teenaan die see.

Dieselfde natuurverskynsel word ook teenaan Angola se kus gevind en staan daar as die “doodsakker” bekend omdat voertuie wat tydens hoogwater hier vasgekeer word.

Met ’n aantal 4x4-voertuie wat die agterhoede dek en professionele gidse wat die pad aangedui het, was die stappers deurentyd veilig en is hulle van ontbyt, aandete en tente voorsien.

Die stappers moes elk drie liter water per dag saamdra, asook padkos en genoeg klere vir enige weerstoestand.

’n Verskeidenheid jakkalse het die stappers deurentyd op ’n afstand gevolg, maar kon hulself nie daarvan weerhou om die slapendes laatnag te steur deur die dou van die tente af te lek nie.

Daar was ook ‘n soortgelyke onderonsie met ‘n hiëna, en hoewel hy nie gesien is nie, het sy reuk en duidelike voetspore die volgende oggend gewys hy was daar.

Ter voorbereiding van die staptog het van die stappers Kilimanjaro uitgeklim, ander het al tot by Mount Everest in Nepal se basiskamp gevorder.

Verskeie het die Camino-staproete voltooi, terwyl een stapper die koue waters van die Atlantiese Oseaan aangedurf het en die afstand tussen Robbeneiland en Kaapstad suksesvol afgelê het.

“Niks kan jou regtig op hierdie tog in die Namib voorberei nie,” sê Jooste.

“Die regte stapskoene, goeie sokkies, sandkamaste, ‘n oop gemoed en ‘n redelike mate van fiksheid is belangrik. Dit is die grootsheid en ruimtes wat jou inspireer en bybly. Ek kan dit sonder voorbehoud aanbeveel.”

Soortgelyk

 

Weduwee en haar eks lank tronk toe vir moord...

10 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Rachel Rittman (48) en haar 35-jarige eks, Ryno du Preez, is vanoggend onderskeidelik lewenslange tronkstraf en 30 jaar opgelê vir die moord...

Spuite, pille nie by klinieke

20 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Tekorte aan voorbehoedmiddels wat voorbehoedpille en –inspuitings insluit, word tans by openbare gesondheidsgeriewe in die land ondervind.Die direkteur van die ministerie van...

Sakkepakke op Lüderitz

20 ure gelede | In beeld

Tanja Bause - Die eerste trein in meer as 20 jaar het Lüderitz in Augustus vanjaar binnegery. Die trein, wat uit twee lokomotiewe en 20...

Gróót oë op Jan Taks

20 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré DuddyVerbruikers wat voortaan BTW van 15% op suiker sal moet betaal, is een van die rits belastingaankondigings wat in vanmiddag se halfjaar-begrotingshersiening verwag word.Kenners...

Drie dae, sewe kinders glo verkrag

20 ure gelede | Misdaad

Sewe minderjarige meisies, waarvan die jongste vier en die oudste 15 jaar oud is, het na bewering binne ’n kwessie van drie dae die jongste...

Pushing the boundaries

20 ure gelede | Skole

Ester Kamati “I enjoy coming up with ideas, often random, often impractical, but occasionally valuable,” says young businesswoman of the year Hilja Eelu. Eelu is...

Children need to move

20 ure gelede | Onderwys

Children spend the majority of their day sedentary, behind desks or in front of a screen.The power of movement has been stolen from these children....

Weer vir 22 Oktober

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Noordooste, andersins sonnig en baie tot bloedig warm. Winderige toestande sal oor die binneland voortduur. KUS: Gedeeltelik...

Elke refleks ’n spesifieke doel

20 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Primitiewe refleksbewegings wat baba vanaf bevrugting en dwarsdeur hul eerste lewensjaar uitvoer, bedraad die brein en versterk die liggaam.Vir elke refleks is...