Voeromset-toetsstasie maak geskiedenis

Die GenTecSol-toetsstasie was die afgelope twee jaar vol beset, terwyl verskeie rasse intussen aangesluit het om ook hul bulle vir voerdoeltreffendheid te toets.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Namibië het nou genoeg data oor beide Brahmane en Simmentalers versamel om ‘n geraamde teelwaarde vir netto voerinname te kry. Wat die Brahmane betref, is dit ‘n eerste in die wêreld.

Dit danksy die netto voerinname-toetsstasie, GenTecSol, op die plaas Okawatuta naby Hochfeld, wat die afgelope maand sy vyfde bestaansjaar gevier het. Terselfdertyd het dit reeds sowat 1 700 Namibiese bulle vir voerdoeltreffendheid getoets.

Volgens Mecki Schneider, mede-eienaar van die toetsstasie saam met Ebbi Fischer, volg dit nadat hulle reeds meer as 1 000 Brahmane in die stasie kon toets. Die stasie was ook oor die afgelope twee jaar vol beset.

“Ons het ook baie Simbras en Simmentalers getoets. Ander rasse het ook intussen by ons aangesluit, soos Herefords, Braunvieh, Borane en tans het ons vir die eerste keer Beefmaster-bulletjies in die toetsstasie.”

Die stasie versamel data outomaties van hoeveel jong bulle eet en hoeveel gewig hulle aansit. Die doel is om vir diere te selekteer wat die minste per kg gewigstoename eet en hulle as stoetvaars te gebruik sodat hulle dié gene na hul nageslagte sal oordra.

VERNUWING

Mecki sê hulle het onlangs nuwe toerusting aangekoop wat bulle meer gereeld sal weeg – wanneer hulle water drink.

Hy sê die feit dat Brahmane en Simmentalers ná toetsing oor ‘n teelwaarde vir voerdoeltreffendheid beskik, plaas hulle in ‘n baie voordelige situasie.

“Daar is nie baie ander lande wat dit kan doen nie, want dit is ‘n duur toets,” het hy bygevoeg. “Ons voel egter dit is belangrik in ‘n teelstrategie, sodat ons in ‘n droë land soos Namibië ons weivelde optimaal kan benut.”

Hy sê tydens toetsing het hulle gevind dat sommige bulletjies 4 kg kos eet vir elke kg gewig wat hulle aansit. Daar is egter ook bulle wat 12 kg kos vreet om net een kg op te tel. “Dis ‘n verskil van 300%.”

Mecki sê hy fokus sedert verlede jaar ook in sy eie stoeterye om bulle te gebruik wat meer voerdoetreffend is.

DEURBRAAK

“As jy jou beeste binne ‘n jaar 6% of 7% meer voerdoeltreffend kan maak, sal dit oor ‘n paar generasies ‘n groot faktor wees. Ek wens tydens die afgelope droogte het ek ‘n koeikudde gehad wat dubbel meer doeltreffend was.

“In die teelbedryf het ons baie op groei, geboortegewig, vrugbaarheid en karkaseienskappe gefokus. Hierdie is ‘n deurbraak vir meer doeltreffende beeste,” het hy gesê.

Mecki sê mense vra dikwels of ‘n voerkraalsituasie met ‘n weiveld vergelyk kan word. “Daar is talle studies hieroor in Australië gedoen. Die korrelasie is meer as 75%,” het hy gesê. “Jy kan beeste dus met voer toets en die effek sal dieselfde op die veld wees.”

Toe die GenTecSol-toetsstasie in 2016 geopen is, was dit die eerste ten volle geoutomatiseerde een in Afrika wat opnames van voerdoeltreffendheid onder beeste kon maak. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A