Voedselvoorsiening laatreuse-koolstofspoor agter

Bedrywe se vrystelling van kweekhuisgasse in 2019: 16,5 miljard ton

18 November 2021 | Landbou
Ronelle Rademeyer – Kweekhuisgasse wat vrygestel word tydens voedselverwer­king, -verpakking, -vervoer, huishoudelike verbruik en afvalverwydering plaas die kosvoorsienings­ketting boaan die lys van grootste sondaars, wys 'n nuwe studie.

Navorsing hieroor deur die Verenigde Nasies se voedsel- en landbou-organisasie (FAO) in samewerking met die Internasionale Energie-agentskap (IEA), die Universiteit van Columbia en die Potsdam Instituut vir Klimaatsimpakstudies, is verlede week tydens COP26 in Glasgow, Skotland, vrygestel.

Dit het bevind 31% van kweekhuisgasvrystellings waarvoor die mens verantwoordelik is, het sy oorsprong in die landbou-voedselstelsel.

Die FAO sê in baie lande is die kosvoorsieningsketting besig om landbou en grondbenutting verby te steek as die grootste vrysteller van kweekhuisgasse binne dié stelsel.

Dit blyk aktiwiteite wat nie met die bedrywighede op plase verband hou nie, dra in sommige streke tot meer as die helfte van die koolstofvrystellings by. In ontwikkelde lande het dit die afgelope drie dekades meer as verdubbel.



IMPLIKASIES

Die belangrikste verwikkeling sedert die 1990's is die styging in voedselverwante vrystellings wég van die plaashek in die produksieprosesse wat nodig is om voedsel op verbruikers se tafel te plaas, sê die FAO se hoofekonoom, Maximo Torero.

“Dit het belangrike implikasies vir voedselverwante nasionale strategieë om kweekhuisgasse te verminder, aangesien daar tot onlangs gefokus is op maniere om vrystellings op plase te verminder,” sê hy.

Die FAO sê die nuwe studie het 'n groter stel data gebruik en dit help verbruikers om bewus te wees van die groeiende koolstofvoetspoor dwarsdeur die kosvoorsieningsketting.

“Die FAO is bly om hierdie globale openbare bate bekend te stel, naam­lik 'n datastel wat die grootste uitdaging van ons tyd direk en in detail ondersoek. Hierdie tipe kennis kan tot betekenisvolle bewusmaking en aksie lei,” sê Torero.



VOORSIENINGSKETTING

Die FAO benadruk egter faktore in die voorsieningsketting dryf die styging in dié stelsel en toon die toenemend belangrike impak van vrystellings deur aksies stroomaf van die plaashek.

In 2019 het die landbou-voedselstelsel 16,5 miljard ton kweekhuisgasse opgelewer. Hiervan was 7,2 miljard ton afkomstig van aktiwiteite binne die plaashek, 3,5 miljard ton was die gevolg van die veranderde gebruik van grond en 5,8 miljard ton is geskep deur prosesse in die voorsieningsketting.

In 2019 was ontbossing die grootste bron van kweekhuisgasvrystellings, gevolg deur lewende hawe se mis, huishoudelike voedselverbruik, afvalverwydering en fossielbrand­stowwe wat vir boerdery-aktiwiteite gebruik word, sê die FAO.

[email protected]

Soortgelyk

 

Boggelrug rus teen die rotse

5 ure gelede | Omgewing

'n Boggelrugwalvis het gister laatmiddag by Langstrand Uitbreiding 1 tussen Swakopmund en Walvisbaai uitgespoel. Volgens 'n inwoner het die dooie walvis met laegety teen 'n...

Geen toetse vir ingeëntes

5 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Namibië het gister ’n reusetree gegee om in pas te kom met die nuwe wêreldneiging waar reise deur inentingstatus eerder as ’n...

Families getraumatiseer ná verkeerde liggaam begrawe word

5 ure gelede | Mense

Adam Hartman op Swakopmund – Twee families in rou is verder getraumatiseer nadat hul geliefdes se liggame per ongeluk omgeruil is – klaarblyklik by die...

Risikoskaal vir boere swaar gelaai

5 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Skerp stygings in insetkoste, ’n “ontploffing” in veediefstalle en onsekerheid oor of die reënval vanjaar voldoende sal wees vir goeie weiding, is...

Weer vir 14 Januarie

5 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm in die noordweste en die verre Weste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met 'n...

NaTIS: Agterstand in leerlinglisensies

5 ure gelede | Vervoer

Kristien Kruger – Nuwe besprekings vir leerlinglisensies by NaTIS is tydelik opgeskort sodat die geweldige agterstand ingehaal kan word.Volgens die woordvoerder van die Paaieowerheid (RA),...

22 sterftes, 346 nuwe gevalle

14 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes het met 22 tot 3 783 gestyg. Vyf hiervan was tuissterftes in die Oshikoto-streek. Nie een van die sterfgevalle was ingeënt nie. Gister...

Trusted Travel System geld vanaf Saterdag

18 ure gelede | Toerisme

Die Trusted Travel System vir die koördinering en verifiëring van Covid-19-uitslae in lande deel van die Afrika Unie (AU) geld vanaf Saterdag (15 Januarie) in...

Huidige Covid-19-regulasies bly in plek

18 ure gelede | Gesondheid

President Hage Geingob sê die huidige Covid-19-regulasies wat die afgelope maand in plek was, geld steeds tot 15 Februarie. Dit is die volgende: 'n maksimum...