Voedselbank in die spervuur
Voedselbank in die spervuur

Voedselbank in die spervuur

Die regering se voedings­program vir armes het opnuut onder skoot gekom.
Denver Kisting
Denver Kisting



Me. Jennifer van den Heever van die amptelike ­opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), sê sy wonder of genoeg geld bekom is om die ­volhoubaarheid van die armoede­verligting- en voedselondersteunings­inisiatiewe, soos die voedselbank, te verseker.

Sy sê dit is teleurstellend dat 'n administratiewe fout gebruik word om te regverdig hoekom die regering nie sy beloftes gestand kan doen nie.

“Dié vertraging sal nie net 'n negatiewe uitwerking op die lewens van die verarmde Namibiërs hê nie, maar ook op daardie jong seuns en meisies wat afhanklikes is van hul grootouers in landelike gebiede.”

Die PDM is eweneens bekommerd dat die vertragings die kos kan laat verrot, sê sy.

Die United People's Movement (UPM), een van die opposisiepartye, het lankal gewaarsku die voedselbank is nie lewensvatbaar nie.

So het mnr. Jan van Wyk, LP van dié party, die afgelope week gereageer op nuus dat die voedselbank sukkel om die mas op te kom.



bronne uitgeput

Van Wyk sê die hoofrede hoekom die voedingsinisiatief nie volhoubaar is nie, is “omdat die getalle mense wat staatmaak op hierdie kospakkies net gaan groei en bronne uitgeput gaan raak”.

Volgens hom moedig die voedselbank armoede aan “deur mense van handouts afhanklik te maak”.

Van Wyk sê sy party “het die perfekte oplossing vir armoedeverligting en die totale uitwissing daarvan”.

In dié stadium hou die party egter sy kaarte digby sy bors.

“Werkskepping wat armoede uitwis, sal een van die punte op die UPM se 2019-verkiesingsmanifes wees,” sê hy.

Die pas verkose president van die National Unity Democratic Organisation (Nudo), me. Esther Muin­jangue, gee Van Wyk gelyk.

“Die voedselbank lei tot afhanklikheid en is 'n baie duur oefening vir die Namibiese regering. Dit kan nooit volhoubaar wees nie.”

Muinjangue sê daar is 'n behoefte­ aan deelnemende volhoubare ­ontwikkeling “waarin gemeen­skappe nie net aan die ontvangkant is nie. Hulle moet deelneem aan die ontwerp van ontwikkelingsprogramme.”

Die regering kan mense eerder help om met projekte vorendag te kom waarmee hulle 'n inkomste kan verdien in plaas daarvan om kos uit te deel, sê sy.

“Daar is geen bemagtiging in sulke inisiatiewe soos die voedselbank nie.”

Dié kritiek kom nadat Republikein klagtes oor vertragings in die uitdeel van kos onder die ministerie van ­armoedeverligting en maatskaplike welsyn se aandag gebring het.

Inwoners aan die buitewyke van die stad kla hulle kry die afgelope paar maande geen kospakkies nie.

Me. Esther Lusepani, die uitvoerende direkteur, het Dinsdag erken hulle sukkel.

Sy verkwalik “'n interne administratiewe (probleem) wat die ministerie se vermoë om 'n dubbele verspreiding in Februarie en Maart geraak het” vir die vertragings.



HOOP BESKAAM

Volgens haar het hulle gehoop om dié twee maande se kospakkies in Februarie te versprei.

Vanweë 'n vertraging in die verspreiding van Januarie se kospakkies het dié hoop beskaam, sê Luspani.

Hiernaas is die vertraging vererger deur probleme met die aanpassing van die ministerie se boeke van Desember, lui die uitvoerende direkteur se verduideliking.

Sy sê die ministerie sou vandeesweek die verspreiding van die kospakkies hervat.

Die voedselbank dien 'n opbouende doel, maar die sukkelende ­ekonomie en 'n behoefte aan die vaartbelynde toekenning van hulpbronne het die inperking van dié vangnet ­genoodsaak, het die minister emeritusbiskop Zephania Kameeta verlede jaar in die Nasionale Vergadering (NV) gesê.

Dié verwikkelinge, sê hy, het meegebring dat die aantal begunstigdes van die voedselbank getuimel het met meer as 32% – van 22 354 huishoudings tot net 15 158.

“Die afname is 'n gevolg daarvan om die geskiktheidskriteria meer vaartbelyn te maak om te verseker die mense wat die kwaaiste onder hongersnood en armoede deurloop, baat,” het Kameeta tydens die motivering van sy ministerie se begrotingspos verduidelik.

Hy het voorts gesê sy ministerie – in samewerking met die Universiteit van Namibië (Unam) – het met navorsing bevind die voedselbank het 'n “positiewe impak ( . . . ) op die lewens van talle wat nie vantevore kos kon koop nie”.

Vir die 2018-'19-boekjaar het dié ministerie se begroting N$3 439 013 beloop en nagenoeg N$10,4 miljard oor die volgende drie jaar.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026