VN bespreek vandag konflik in Gasa-strook

Gerugte oor skietstilstand ontken

20 May 2021 | Internasionaal
Palestynse ekstremiste wat Israel reeds vir meer as 'n week met vuurpyle bestook, het gerugte oor 'n skietstilstand ontken.

Israel se N12 TV News-nuus­kanaal het bronne in Palestina aangehaal wat glo gesê het 'n skietstilstand sal vanoggend intree.

Hamas het dit egter Dinsdag in 'n verklaring ontken.

Benjamin Netanyahu, Israel se premier, het Dinsdag weer gesê lugaanvalle in antwoord op die aanslag deur Hamas sal voortduur totdat vrede en kalmte vir inwoners in Israel bewerkstellig is.

Die wedersydse aanvalle het ­gisteroggend voortgeduur.

Intussen is daar bekend gemaak dat twee Thaise werkers Dinsdag dood en sewe mense gewond is toe vuurpyle 'n plaas in Israel, net duskant die Gasa-grens, getref het.

Sirenes het in die stad Ashdod in die suide van Tel Aviv geloei om inwoners te waarsku teen 'n Hamas-aanslag, maar nog geen skade of sterftes is aangemeld nie.

Mediese beamptes in Gasa sê 217 mense is reeds in Palestina dood, waarvan 63 kinders is. Meer as 1 400 mense is gewond.

Volgens Israel is 12 mense, insluitend twee kinders, in Israel dood sedert die konflik verlede Maandag begin het.

Israel se lugaanvalle teiken die huise van Hamas-militante wat as operasionele punte gebruik word en waar wapens geberg word.

Minstens 450 geboue in die Gasa-­strook is reeds vernietig of erg be­skadig. Dit sluit ook ses hospitale en nege primêre gesondheid­sentrums in.

Die Verenigde Nasies (VN) sê 48 000 van die 52 000 mense wat uit hul huise in die Gasa-strook moes vlug, word in VN-skuilings gehuisves.

Israel sê 3 450 vuurpyle is reeds vanaf Gasa afgevuur, maar Israel se teenmissielstelsel kon dié missiele in die lug onderskep terwyl die ander missiele in die meeste gevalle nie die grens oorgesteek het nie. Volgens Israel is 160 militante dood.

Frankryk het ook Dinsdag 'n beroep op die VN-veiligheidsraad gedoen om tussenbeide te tree nadat pres. Joe Biden van Amerika Maandag gesê het hy ondersteun 'n skietstilstand tussen die twee lande.

Duitsland het ook intussen vir 'n skietstilstand gevra en aangebied om mense in Palestina te help voordat die Europese Unie (EU) 'n noodvergadering oor die geweld belê.

Die kwessie word vandag op die VN se algemene vergadering bespreek.
– Nampa/Reuters


FOTO
’n Palestynse man kyk Woensdag na ’n motor wat in ’n lugaanval op ’n huis in Gasa-stad vernietig is. Foto Nampa/Reuters

Soortgelyk

 

Vier sterftes, 25 nuwe gevalle

7 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes styg met vier (een tuissterfte) tot 3 538. Gister is 25 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 2,2%. Dit sluit drie leerlinge,...

PAS IN: Drie uit ses skuldig aan moord

11 ure gelede | Howe

‘n Vrou wat ‘n groep mans betaal het om haar man te vermoor, is vandag in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind aan moord.Die oorledene...

MTC en regering gaan saamwerk om inentings teen Covid...

12 ure gelede | Gesondheid

'n Inisiatief tussen die regering en die mobiele telekommunikasiemaatskappy MTC, “Namibia VaxUP081 Incentive", gaan inwoners vergoed wat hul eerste dosis entstof teen Covid-19 ontvang. Volgens...

Net 14,2% van bevolking ten volle ingeënt

12 ure gelede | Gesondheid

Terwyl Namibië se doelwit was om 750 000 van die land se 1,5 miljoen geoormerkte persone vir immunisering teen Donderdag in te ent, het net...

Aandklokreël opgehef

13 ure gelede | Regering

President Hage Geingob het die aandklokreël amptelik as deel van die nuwe Covid-19-regulasies opgehef. Openbare byeenkomste kan deur 200 persone bygewoon word, so ook dieselfde...

Tweede lugmagongeluk binne enkele weke

1 dag gelede | Ongelukke

Tunohole Mungoba en Ellanie Smit‘n F-7 vegvliegtuig van die Namibiese lugmag het vroeër vandag by die Ondangwa-lughawe neergestort.Die weermag het joernaliste wat kort na die...

Creativity and mental health: Where do we overstep

1 dag gelede | Gesondheid

Kalistu R Mukoroli, PR and brand strategistWe tend to preach about being creative, but isn’t this contributing to mental health issues? Creative people always push...

Tourism mogul driven by passion

1 dag gelede | Toerisme

Iréne-Mari van der Walt Part-owner of Swakop Cycle Tours Paul Ndjambula says despite his business being conceptualised during his time as an intern, it took...

Kalahari se water in die gedrang

1 dag gelede | Omgewing

Frank Steffen en Brigitte Weidlich – “Dit mag eenvoudig nie gebeur nie! Maak nie saak hoe jy uitloogproses benader nie, hierdie unieke kom sal onvermydelik...