Vleuels vat Suburbs-pryse

Gino Wilson en Nikin Cloete was twee van die groot wenners na afloop van die 2018-seisoen.
Andrew Poolman
Andrew Poolman



Die rugbyklub FNB Western Suburbs is vasberade om in volgende jaar se premierliga van die Namibië Rugby nie net deel te neem nie, maar 'n doring in opponente se vlees te wees.

Ná 'n stadige wegspring het die Khomasdallers vanjaar mooi reggeruk en in die tweede posisie op die puntelys ná die vorige jaar se kampioen FNB Unam klaargemaak. In die semifinale is beide dié klubs egter uitgeskakel, met FNB Wanderers wat die titel beklink het deur Trustco United in die eindstryd te verslaan.

Suburbs se voorsitter, mnr. Keith Allies, het by die klub se jaareindfunksie en prysuitdeling gesê die groen-en-wittes het reeds 'n paar borgskappe vasgeknoop wat hulle vir 2019 op 'n gesonde voet plaas, hoewel hy dit aan die betrokke borge oorlaat om op die geleë tyd die aankondigings te doen.

Suburbs se nasionale vleuel Gino Wilson is as die klub se senior speler van die jaar aangewys en het dit met 'n kruppel stappie ontvang.

Wilson het agterna gesê hy voel baie geëerd oor die onverwagse erkenning, nadat hy maar 'n jaar met sy kwota terugslae beleef het.

“Ek is dankbaar vir die ondersteuning van my spanmaats en vir die Almagtige wat ons die talent gegee het. Ek het nie verwag om die trofee te ontvang nie.”

Wilson en sy klubmaats het hul seisoen met opeenvolgende nederlae teen Unam en United begin, maar het daarna die eerste van hul twee oorwinnings teen Wanderers behaal.

“Daarna is ek onttrek vir die Windhoek Draught Welwitschias se verpligtinge in die Super­Sport uitdaagreeks, wat altyd baie kompeterend is. In die toetsseisoen is ek gekies om op 23 Junie teen Tunisië in Windhoek te speel, wat 'n geleentheid was om weer my plek in die toetsspan te verstewig.

“Ongelukkig het ek kort ná rustyd die ligamente in my linkerknie geskeur en moes 'n operasie ondergaan, wat my seisoen kortgeknip het.”

Die 22-jarige blits het reeds sewe drieë in elf toetse ingeryg, nadat die nasionale afrigter Phil Davies hom as o.20-­speler betrek en geloof in sy vermoë gewys het.

Wilson het erken dat hy eers sy rehabilitasie sal moet afhandel en sy volle vertroue in die werking van sy knie moet terugwen, voordat hy sy visier ten volle op die 2019 Wêreldbeker in Japan sal kan instel.



VEELSYDIG

Nog een van Suburbs se onbetwiste staatmakers vanjaar was Nikin Cloete, wat giftig was ongeag of hy op senter, vleuel of heelagter ingespan was.

Cloete is as die spelers se speler van die jaar, asook die beste agterspeler vereer en was ook die eerste span se voorste driedrukker.

Losskakel Justin Nel was die klub se voorste puntemaker in 2018.

Die slot James Kisting was die beste voorspeler in die eerste span en skrumskakel JC Winkler het die beste vordering gemaak.

Die vleuel Dumarcho Hartung was vanjaar die beste junior speler – die nuutste van Suburbs se aanwinste uit Lüderitz benewens Cloete en Wilson.

Suburbs het ook 'n toekenning oorhandig aan die heelagter Ricardo Swartz vir sy vasberade terugkeer tot die speelveld ná 'n rugbesering.

Erkenning is ook gegee aan die stut Aleck Botha wat uitgetree het.

By die tweede span was daar pryse vir Nathan Goliath (beste agterspeler), Jarren Koning (voorspeler), Elia Frans (beste vordering), Dylan Izaaks (meeste punte) en Attie du Plessis (meeste drieë).

Sertifikate is oorhandig aan al die spelers en afrigterspersoneel van die klub wat in die afgelope jaar Namibiese spanne op toets-, provinsiale, o.21-vlak of sewesrugby verteenwoordig het.

Die bydrae van mee. Hilda Bock en Yvonne Bock as vrywilligers om met verskeie nodige take rondom die speelveld te help, het ook waardering uitgelok.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.93/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.56/lb UP +1.01% | Zinc US$ 2 899.90/T UP 1.6% | Brent Crude Oil US$ 89.03/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 913.76/OZ DOWN -0.0023 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.93/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.56/lb UP +1.01% | Zinc US$ 2 899.90/T UP 1.6% | Brent Crude Oil US$ 89.03/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 913.76/OZ DOWN -0.0023