Vleisuitvoere nie 'n gevaar vir die VSA

LPO oor plaaslike beesvleis

02 March 2021 | Landbou
Elvira Hattingh



“Namibië het 'n siektevrye, hoogs gereguleerde en individueel naspeurbare lewendehawestelsel. Vir reeds 60 jaar lank was ons in staat om vry van bek-en-klouseer te bly danksy die toepassing van dié streng maatreëls.”

Só reageer mnr. Thinus Pretorius, voorsitter van Namibië se Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO), in 'n mediaverklaring.

Dit volg nadat Amerikaanse boere onlangs 'n beroep op hul regering gedoen het om dadelik die invoer van beesvleis uit Namibië te verbied.

Die vereniging vir veeboere in Amerika, United States Cattlemen's Association (USCA), het die versoek gerig uit vrees dat die uitbreking van bek-en-klouseer noord van die veterinêre kordonheining (rooilyn), ook 'n impak kan hê op vleis wat suid van die rooilyn verbou word.

Laasgenoemde boerderygebiede word egter deur die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) as vry van bek-en-klouseer geklassifiseer.

Pretorius sê alhoewel uitdagings bestaan om Namibië se diere­gesondheidstatus te behou, word dit reeds 60 jaar lank suksesvol gedoen en sal dit ook so in die toekoms geskied – anders as wat dalk onlangs in die media gepubliseer is.

Hy het gesê hulle hoor die Amerikaanse boere se kommer met “empatie en begrip” aan en voeg by die LPO besef ook 'n uitbreking van dié gevreesde siekte suid van die veterinêre kordonheining sal 'n ramp vir die Namibiese rooivleisbedryf wees.

Hy gee die Amerikaanse boere egter die versekering dat Namibië die enigste land in Afrika is wat geakkrediteer is om vleis vanaf sy bek-en-klouseer vrye sone na die res van die wêreld uit te voer. Hy verduidelik ook die plaaslike bedryf en owerhede sal alles in hul vermoë doen om dié status te behou.

“Die verlies van 'n uitvoermark soos Amerika sal beteken talle boere verloor hul lewensbestaan. Bek-en-klouseer is 'n groter bedreiging vir die Namibiese produsent en die plaaslike ekonomie as vir die Amerikaanse vleisbedryf.

“Verskeie protokol word tans deur owerhede geïmplementeer om die risiko van siekteverspreiding uit te skakel, wat insluit inentingsprogramme noord van die veterinêre kordonheining, die daarstelling van 'n waarnemingsgebied binne die bek-en-klouseer vrye gebied wat dierebewegings streng monitor, streng prosedures by uitvoer­abattoirs rakende post mortem-toetse en die verkoeling van karkasse om die risiko uit te skakel om die virus oor te dra.”

Pretorius beklemtoon dat Namibië net sowat 0,5% bydra tot die wêreld se vleismarkte, maar dat dit 'n 4% bydrae tot Namibië se bruto binnelandse produk (BBP) maak. Dit is beduidend in die sin dat 72% van die land se bevolking van landbou afhanklik is.

Hy sê ook Namibië produseer van die wêreld se beste vleis – vanaf vrylopende bees wat op natuurlike weiding leef en hormoonvry is.



AGTERGROND

Meatco het presies 'n jaar gelede die eerste besending kommersiële beesvleis tariefvry onder die Amerikaanse wet op groei en geleenthede in Afrika (Agoa), na die hawe van Philadelphia uitgevoer.

Dit was nadat verskeie oudits sedert 2016 gedoen is om te bepaal of Namibië aan die Amerikaanse gesondheids- en ­veiligheidsprotokolle voldoen.

Talle beesvleismonsters moes vir verskillende laboratoriumtoetse na Amerika gestuur word om te verseker dat alle veiligheidsaspekte nagekom word.

Geen ander land in Afrika kon dit nog regkry om beesvleis na dié mark uit te voer nie.

Die ontsluiting van hierdie reuseverbruikersmark maak dit vir Namibiese ­produsente moontlik om teen 2025 altesaam 5 700 ton ontbeende beesvleis na Amerika uit te voer.

– [email protected]

Soortgelyk

 

Geen borg vir ‘tref-en-trap-lorriedrywer’

2 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die vragmotorbestuurder wat glo Sondagaand ’n voetganger langs die B2-hoofpad by Okahandja doodgery en weggejaag het, bly in aanhouding. Mnr. Efraim...

Komsberg, juweel in Namibië se landboukroon

2 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer – “Ons wil nie die grootste plaas in Namibië wees nie, maar ons streef daarna om die beste plaas te wees en die...

Drie in hof oor horing in kattebak

2 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Drie vermeende renosterhoringsmokkelaars het Maandag in die landdroshof op Ondangwa verskyn en is borgtog geweier. Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan,...

Werk vir strydkinders: appèl teen uitspraak glo oorweeg

2 ure gelede | Howe

Ogone Tlhage – Die Namibiese Vereniging vir Kinders in Ballingskap (NEKA) kan regsaksie neem teen ’n hoërhofbeslissing teen ’n kabinetsbesluit tersyde gestel het dat werksgeleenthede...

Konsortium-Merino ideaal vir intensiewe toestande

2 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer - Die Namibiese kleinveebedryf word nie met intensiewe produksiestelsels vereenselwig nie en wolskape soos Merinos is nie ’n ras wat jy aldag op...

Johannes Motinga on benefits of mentorship

2 ure gelede | Byvoegsels

Hendrik Motinga, an Agribank mentee and loan beneficiary under the Affirmative Action Loan Scheme, quit his formal job as a labour inspector ten years ago...

SA het genoeg kos, maar dis te duur

2 ure gelede | Byvoegsels

Riana de Lange - Stygende voedselpryse, met sekere voedselitems waarop veral armer huishoudings staatmaak wat tussen 5% en 35% duurder is as ses maande gelede,...

Kronkelroete gee agritoerisme ’n hupstoot

2 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer - Plaasvakansies, of agritoerisme, in Namibië is tot onlangs nog grootliks met die jagbedryf vereenselwig en beskou as ’n sektor van toerisme wat...

Die beginsel van vruggebruik

2 ure gelede | Byvoegsels

'n Vruggebruik is 'n baie handige beginsel, veral by vererwing van plase.Vruggebruik is 'n regsbeginsel wat uit die Romeinse reg kom, oorgeneem is in die...