Vleisraad maan oor verbode veekos
Vleisraad maan oor verbode veekos

Vleisraad maan oor verbode veekos

Die Europese Unie verbied die voer van kosproduserende diere met dieremis.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Die Vleisraad van Namibië het veeboere, boereverenigings, veevoerverwerkers en ander belangegroepe in die vleisbedryf gister deur middel van 'n kennisgewing daaraan herinner dat dit verbode is om vee hoendermis te voer.

Dit omdat die Europese Unie (EU) Namibië se belangrikste vennoot in vleishandel is en vereis dat kosproduserende diere geensins dieremis gevoer mag word nie.

Dr. Anja Boshoff-De Witt van die Vleisraad sê die kennisgewing is uitgestuur ná die Vleisraad navrae hieroor ontvang het, waarskynlik omdat hoendermis tans relatief goedkoop is.

Sy sê navrae is ook al oor visolie, vismeel, robolie, robmeel en beenmeel ontvang.

“Dit is alles verbode,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg die verbod tel onder die FAN-Meat-skema (Farm Assured Namibian Meat) vir álle veeprodusente in die land – of hulle vleis vir uitvoermarkte produseer of nie.



'ONHIGIËNIES'

Boshoff-De Witt sê boere luister na hul Suid-Afrikaanse eweknieë oor veevoer, maar moet onthou daardie resepte vir veevoer kan nie blindelings gevolg word nie omdat van die middels wat hulle gebruik verbode in Namibië is.

Volgens die Vleisraad se kennisgewing het die FAN-Meat-skema in 1999 van krag geraak.

Hiervolgens mag vee aanvullende lekke en voer kry, maar net geregistreerde voere mag gebruik word.

“Die verbod daarop om vee hoendermis te voer is noodsaaklik om die veiligheid van Namibiese vleis te verseker. Die voer van vee hiermee is onhigiënies en kan tot die verspreiding van siektes lei, asook tot ongewenste antibiotiese oorblyfsels in vleis,” lui die kennisgewing.

Boshoff-De Witt het gesê veeprodusente mag ook self voermengsels maak en vee daarmee voer, maar dit mag net bestanddele bevat wat reeds in die land as veevoer geregistreer is, en geen verbode bestanddele nie.

Sy het gesê boskos word toegelaat omdat dit as ruvoer geklassifiseer word.

Sy sê voor boere alternatiewe voere oorweeg, kan hulle by die registrateur van veevoere in die ministerie van landbou, water en bosbou vasstel of dit wettig is.

Die kennisgewing sê verder verbode voere sluit in alles wat bestanddele bevat wat van herkouers af kom, soos karkasmeel, bloedmeel, beenmeel of enige ander beenprodukte wat hoewe en horings insluit, asook vleismeel, vleis of hoendermis.



ALTERNATIEF

Intussen het mnr. Christo du Plessis, Voermeester se bemarkingsbestuurder, gesê vee kan dieselfde voedingswaarde gebied word deur vir hulle ureum-gebaseerde voer te gee.

“Dit is vrylik op die plaaslike mark beskikbaar.”

Hy sê Suid-Afrikaanse boere gebruik hoendermis as bron van stikstof of as plaasvervanger vir proteiëne, en dit is vir hulle moont­lik omdat hulle nie toegang tot Europese markte het wat báie streng oor die vereistes is nie.

Hy sê veeprodusente kan tydens die huidige droogte daarop fokus om proteien-aanvullende lek te gee – mits hulle nog gras vir hul vee oor het.

“Die meerderheid veeprodusente het nie meer gras nie. Hulle moet hul vee verkieslik 'n kombinasie van produksielek en 'n ruvoeraanvulling gee,” het hy gesê.

Du Plessis sê dit is ook interessant dat ruvoere, soos grasbale, die produsent tans duurder as lusernkorrels kos.

“Ek vermoed min boere doen die som, maar lusernkorrels werk tans goedkoper uit en deur dit te gebruik, is jou vermorsing ook minder.” - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.4 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.80/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 858.40/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 912.01/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.4 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.80/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 858.40/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 912.01/OZ DOWN -0.0042