Vleislose ‘vleis’ vir klimaatvriendelikheid

03 September 2019 | Landbou
Dr. Kobus Laubscher - Daar word geraam dat die vraag na vleis teen 2050 met 70% kan toeneem ten einde ‘n wêreldbevolking van 9,6 miljard mense te kan voed.

Vleisverbruik neem toe in ontwikkelende lande – nie die per kapita verbruik nie, maar die totale verbruik. Meer monde eet vleis al word daar nie meer per mond geëet nie.

Die ontwikkelde lande eet beduidend minder vleis per kapita en daar word op allerlei maniere probeer om dié afname momentum te gee. So byvoorbeeld oorweeg lande soos Duitsland, Denemarke en Swede selfs belasting op vleis. Daarmee saam is die eerste hoenderlose “hoender” onlangs in die VSA bekendgestel as deel van seker die bekendste handelsnaam op die gebied se produkte.

Hulle wil inderdaad minder hoender verkoop, maar sonder om hulle kliënte af te skeep. So neem die verbruik van plantaardige vleisvervangers toe. Tegnologie maak dit moontlik om verbruikers te flous, want in baie gevalle kan die verskil met die ware Jakob nie eens uitgewys word nie.

Die rede vir hierdie ongewone (in die oë van vleisprodusente) stappe het nie noodwendig te make met die gesondheideienskappe of gebrek daaraan nie. Dit gaan oor die impak van vleisproduksie op die klimaat.

Daar word geraam dat skadelike kweekhuisgasse afkomstig van diere tot 15% van mens geïnduseerde kweekhuisgasse uitmaak. Die produkte is vleis en melk en vir baie is die prys soos gemeet aan die vrystelling van kweekhuisgasse, te hoog.

Lewendehaweproduksie gebruik by verre die grootste deel van landbougrond – hetsy vir weiding, maar ook vir die produksie van gewasse soos grane en ruvoer, om dié diere te voed. Weiding dek sowat 25% van die wêreld se grondoppervlakte, maar beslaan sowat 70% van landbougrond. Na raming word eenderde van alle gewasse jaarliks aangewend vir voer vir diere. Navorsing toon nou dat as lewendehaweproduksie moet uitbrei teen die tempo wat die vraag sal styg, woude soos die bekende reënwoude bedreig word. Die stelselmatige ontbossing van die Amasone en die gepaardgaande impak daarvan op die aarde se “longe”, is bekende voortekens van die teenstrydigheid.

Die ander vraag waarmee daar geworstel word, is of dié grond nie eerder aangewend moet word om kos vir mense te produseer nie, gegewe die omsetting van voer na proteïen.

Die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) raam dat ongeveer 3 kilogram voer/graan nodig is om een kilogram vleis te produseer; vandaar dan die betoog oor wie watter voorkeur moet kry.

Die kwessie van ‘n sogenaamde vleisbelasting is nie so vergesog nie, want kyk wat het gebeur met die suikerbelasting! Suikerboere is nou gedwing om anders te dink oor die produksie van suiker, in die lig van die feit dat alle vervaardigers van suikerprodukte daadwerklike aanpassings gemaak het om minder suiker te gebruik.

Die belasting word gehef op die hoeveelheid suiker en het dermate die pryse beïnvloed sodat verbruiker nie meer wil of sal betaal vir byvoorbeeld ‘n koeldrank met meer suiker in nie. Tegnologie het dit moontlik gemaak om die produk dieselfde te laat smaak as sou dit suiker bevat het.

Die argumente teen oormatige verbruik van suiker is oorweldigend, want indien suikerinname nie verminder nie, is daar ernstige gesondheidrisiko’s. Die ironie is dat die impak van sulke siektes die grootste is op die fiskus, want die deel van die bevolking wat geraak word, is juis dié wie op die staat aangewese is vir hulle gesondheidsdienste.

Vleisprodusente kan eenvoudig nie die boodskap ignoreer nie, want vroeër of later sal slim sy baas vang. Die uitdaging bly naamlik om vleis en melk se produksie meer in pas te bring met wat verwag word ten opsigte van skade aan die omgewing.

Die saakmakende verbruiker is meer ingelig en sal teen onverskilligheid kies.

Soortgelyk

 

Meegesleurde Okahandja-vrou steeds soek

1 uur gelede |

Elvira Hattingh - Die 42-jarige vrou wat gisteroggend deur die water meegesleur is toe sy en twee ander mense die Okahandjarivier te voet wou oorsteek,...

Hardap kry 19 Mm³ water sedert Maandag

1 uur gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Sedert die afgelope Maandag het die Hardapdam ’n reusehoeveelheid water bygekry, naamlik 19,523 Mm³ (miljoen kubieke meter). Die dam is nou 27,2%...

Nóg twee kietsies kry nekbande

3 ure gelede | Omgewing

Nóg twee swartpootwildekatte is in die vroeë oggendure met nekbande toegerus. Prof. Morgan Hauptfleisch en sy span van die Black-Footed Cat Working Group is tans...

Okahandja-kleinhoewe oorstroom weer

13 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl die polisie gistermiddag bevestig het ‘n vrou is nog soek nadat die Okahandjarivier haar vroeg gisteroggend meegesleur het, was ‘n kleinhoewe-eienaar...

Geingob stil oor kleiner kabinet

13 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Ten spyte van die groot gewag daaroor in sy Oujaarsrede weet Namibiërs nog nie hoe groot pres. Hage Geingob se verkleinde kabinet...

Eerste swartpootwildekat kry nekband

13 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Daar is geskiedenis gemaak toe Namibië se eerste swartpootwildekat vandeesweek met 'n nekband toegerus is. "Om die klein katjies op te spoor,...

Weer vir 27 Februarie 2020

13 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Verspreide donderbuie sal oor die noordelike streke en Omaheke- en Khomasstreek voortduur waar kitsvloede verwag word. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik...

Drie stroop glo renoster in Etosha

13 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Nege verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary in hegtenis geneem. Vanaf 17 tot 23 Februarie is beslag op...

Droogte: Baie boere wurg nog

13 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Foto’s van vol riviere, opgaardamme waarvan die vlakke styg en panne water langs die pad en in die veld het die afgelope...