Vleis is nou peperduur

Trek jou vleistande, want dit lyk steeds nie asof daar 'n keer is aan die skerp stygings in vleispryse nie.
Daar is ook geen hoop dat die stygings in vleispryse in die lig van die landswye voëlgriep-epidemie binnekort sal verlangsaam nie.

Hoewel kospryse as geheel in September vir die derde maand in 'n ry stadiger gestyg het en heelwat kossoorte selfs goedkoper geword het, styg vleispryse steeds al hoe vinniger.

Die gemiddelde styging van kospryse in dié maand was 5,5% as nie-alkoholiese drank ingesluit word of 5,4% as drinkgoed uitgesluit word. Dié syfer, dus met hoeveel kos duurder was as 'n jaar gelede, is die laagste koers sedert November 2015.

Dit is steeds hoër as die ­algemene inflasiekoers van 5,1% vir September, maar aansienlik beter as die 12%-styging in kospryse (drinkgoed ingesluit) in Desember verlede jaar.

Maar ai, as jy van 'n tjoppie of stukkie hoender elke dag hou, dok jy gemiddeld 'n enorme 15,6% méér op as 'n jaar gelede.

Dit is 'n nuwe hoogtepunt in vleis­prysinflasie nadat pryse in Augustus 15% hoër was as 'n jaar gelede, op sigself die hoogste styging in ses jaar.

Die hoër vleispryse kom ondanks aanduidings dat die groothandelprys van vleis in Augustus skerp gedaal het vergeleke met 'n jaar vantevore, van 17,8% in Julie tot 16,8% in Augustus.

Die beleggingsbank RMB het in Julie voorspel dat vleispryse nog tot November skerp sal styg, bloot gegrond op rooivleispryse. Baie boere is steeds besig om hul kuddes ná die 2015-'16-droogte te herbou en slag dus minder vee.

H5N8-epidemie
Dié voorspelling het nog nie die potensiële impak van die H5N8-epidemie, wat in al die land se provinsies met die uitsondering van KwaZulu-Natal uitgebreek het, op die prys van hoendervleis verreken nie.

Volgens Jason Muscat, senior ekonomiese ontleder van FNB, reken dat vleispryse nou vir langer skerp sal styg weens voëlgriep.

In September het 11 van die 16 ekonome (nagenoeg 71%) wat Netwerk24 gepeil het, nog gereken dat voëlgriep nie 'n groot impak op vleispryse sal hê nie, hoofsaaklik omdat goedkoop hoender steeds van elders, veral die Europese Unie, ingevoer word.

Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec, het egter verskil omdat hoender so 'n groot gewig in SSA se inflasiemandjie dra.

Hoender weeg 14% in die kosmand­jie wat SSA meet en beesvleis 8%. Dit is die vleissoort waarvan Suid-Afrikaners die meeste eet.

Wandile Sihlobo, ekonoom van die landbousakekamer Agbiz, sê die heropbou van kuddes is wel besig om te stabiliseer, aangesien daar 'n effense styging in maandeliks syfers by slagpale is. Dis egter steeds 5% minder as 'n jaar gelede.

Die daling in graanprodukte se prys kom danksy die daling van 45% in die prys van witmielies in September, terwyl geelmielies 38% goedkoper is.

Goedkoper kosgroepe

Skrale troos vir baie is dat vier belangrike kosgroepe wel die afgelope jaar goedkoper geword het: brood en graanprodukte (-2,8%), olies en vette (-3,3%), vrugte (-4,4%) en groente (-0,5%).

Tussen Augustus en September vanjaar was daar ook vier kosgroepe wat goedkoper geword het: brood en graanprodukte (-1%), vis (-0,1%), olies (-1,2%) en suiker en lekkers (-0,6%).

Sihlobo sê goeie reënval wat tussen November en Februarie in die somerreënvalgebiede verwag word, behoort te verseker dat mielie­pryse nie weer skerp styg nie.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%