Vlamme verswelg !Uris Safari Lodge

16 April 2019 | Ongelukke
Francoise Steynberg - 'n Brand wat gister omstreeks 01:00 by !Uris Safari Lodge buite Tsumeb uitgebreek het, het die hoofgebou, die kapel en ’n chalet in vlamme verswelg.

"Dit was 'n groot skok om die nuus te hoor, maar dis aardse goed. Ek is net dankbaar niemand het gelukkig seergekry nie,” het die mede-eienaar van die praglodge, dr. Piet Pretorius, gisteroggend aan Republikein gesê.

Volgens hom het die ontvangsarea in die hoofgebou, die kapel en die chalet met twee kamers naaste aan die ontvangsarea, afgebrand.

Pretorius het geen idee hoe die brand ontstaan het nie, want hy was nie ten tyde van die voorval by die lodge nie.

"Ek is besig met pasiënte by Rosh Pinah," het Pretorius gesê, wat 'n mediese dokter is en vir 'n maand daar werk.

Pretorius het gesê sy vrou, Marinda, wat die lodge se binnenshuise versiering saam met me. Irma Neethling smaakvol volgens Marokkaanse styl gedoen het, sou gister vir hom op Rosh Pinah gaan kuier het, maar sy moet nou eers die reuseramp hanteer.

"Daar het soveel van ons persoonlike besittings ook afgebrand, maar die droogte is baie erger as die brand," het Pretorius gesê.

Boonop was die lodge vanaf Sondag deur 'n bustoergroep volbespreek, het die meerderheidsaandeelhouer van !Uris Safari Lodge, mnr. Gavin Jonk, gister aan Republikein gesê en bygevoeg hulle soek dringend ander verblyf vir die toergroep.

"Ek het om 04:00 die nuus gekry en gelukkig kon ons die ander 20 chalets red. Ons het geen hoe en waar die brand ontstaan het nie. Hier was net kampeerders wat dalk vuur gemaak het," het Jonk gesê.

Hy het bevestig dat die forensiese ondersoek vandag sal begin.

"Ons is besig om alles skoon te maak en sal weer oor twee weke begin bou om teen Augustus weer ten volle in bedryf te wees.

Jonk en sy vrou, Melissa, het sowat twee maande gelede die meerderheidsaandele van 75% in die lodge bekom.

!Uris Safari Lodge het in 2005 sy deure oopgemaak en is sowat 20 km wes van Tsumeb op die B1-hoofroete na Oshivelo geleë. Dit is veral bekend vir sy geskiedkundige myntoere in die omgewing.

Soortgelyk

 

Kawana gee besonderhede oor viskwotas

9 ure gelede | Visserye

Nuwe aansoekers sal 56,2% van viskwotas ontvang en bestaande regtehouers die balans van 43,8%.Dr. Albert Kawana, wat as nuwe minister van visserye en mariene hulpbronne...

Namibië het nou 23 bevestigde Covid-19-gevalle

21 ure gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19 (nr. 23) is 'n 38-jarige Namibiese vrou wat op 23 Mei vanaf Dar es Salaam, Tanzanië na Namibië...

The cream of the crop

21 ure gelede | Mense

Ester KamatiMonica Gwala (Niilenge), the owner of Mo-nize Farmstead Fresh Produce, is the only entrepreneur amongst six siblings, specifically in the field of agriculture –...

Namibië oper, Walvis toe

21 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die staatshoof, pres. Hage Geingob, sê fase 3 wat Dinsdag in werking tree, gaan van Namibiërs vereis om groter verantwoordelikheid vir hul...

Baie meer as miljard vir Air Nam nodig

21 ure gelede | Regering

Ronelle Rademeyer – Die N$984,6 miljoen wat in die nuwe boekjaar uit die belastingbetaler se sak na die nasionale redery gaan vloei, sal net “die...

Weer vir 29 Mei 2020

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot warm, maar warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm. GETYE...

Ouwêreldse vermaak by 'nuwe' inryteater

21 ure gelede | Kuns en vermaak

Yandi du PlessisDalk is jy al keelvol vir Netflix of ShowMax, of bloot net uitgekuier om by die huis te sit. Dalk verlang jy na...

Vier 'renosterstropers' verskyn in camera

21 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Vier van die agt verdagtes wat vandeesweek in verband met renosterstropery en -horingsmokkelary vasgetrek is, het gister in camera in die streekshof...

San gebruik spaargeld vir wateraanleg

21 ure gelede | Omgewing

Die San-gemeenskap in die N‡a Jaqna-bewaringsgebied se water­infrastruktuur is al vir jare 'n uitdaging. Water is 'n skaarste in Namibië en inwoners van dié bewarings­gebied...