Visvangregte só toegeken

Bykans 300 begunstigdes aangekondig

31 March 2021 | Sakenuus
Augetto Graig – Die minister van visserye en mariene hulpbronne, dr. Albert Kawana, het gister uiteindelik die toekenning van grootmaat visvangregte aangekondig.

In die proses wat in Augustus 2018 afgeskop is om omwenteling in Namibië se visvangbedryf te bring, is nou 213 nuwe toetreders tot dié winsgewende bedryf uitgeken en is bevestig dat aan 85 van vorige visvangregte houers opnuut regte toegeken is.

Kawana dring aan dat van nou af streng monitering van Namibië se visvangnywerheid toegepas sal word, om te verseker die natuurlike hulpbron begunstig veel meer Namibiërs en veral die kwesbare dele van die ­samelewing wat deur liefdadigheidsorganisasies en ander verteenwoordigende ondernemings in vennootskap met visvangmaatskappye getree het.

“Die ministerie is bewus van sekere maatskappye wat ander mense se name en in sekere gevalle die name van liefdadigheidsorganisies gebruik het, maar wat in werklikheid nie voordele met hulle gedeel het nie,” het Kawana gesê.

Hy sê die ministerie sal verseker dat streng maatreëls ingestel word om die proses te monitor en toe te sien dat veral kinders, gestremde mense en gemarginaliseerde gemeenskappe uit die visvangbedryf baat.

Verder dring Kawana daarop aan dat meer Namibiërs indirek uit die visbedryf begunstig moet word, deur te verseker dat die goedere en dienste wat die nywerheid gebruik, binne Namibië se grense aangekoop word.

Hiervoor sal hy met die ministerie van handel, nywerheidsontwikkeling en kleinsakeontwikkeling werk om goedere en dienste uit te ken wat in Namibië beskikbaar is.

“Ek sal ook met die minister van landbou praat om te verseker die kos wat op daai skepe en in daai ­fabrieke geëet word, kom van Namibië.

“Ek sal verseker dat die tamaties vir die inmaakfabrieke nooit ingevoer word terwyl ons eie tamaties ­toegelaat word om vrot te raak nie. Ek sal verseker dié wat nie regte kry nie, word steeds indirek begunstig,” sê hy.

Uit meer as 5 000 aansoekers om visvangregte was die oorgroot meerderheid nie suksesvol nie. Kawana sê egter dit is nou die eerste keer dat begunstigdes uit elk van Namibië se 14 streke voordeel uit visvangregte sal trek.

Verder werk sy ministerie steeds om die aandeelhouers uit te ken binne elke ­onderneming aan wie regte toegeken is. Hierdie lys sal binne twee maande ook vrygestel word, sê hy.

“Vandag het ons dit reggekry om die visseryesektor te herskep deur te verseker die jeug het 'n aandeel in die sektor, so ook vroue, veterane, gemarginaliseerde gemeenskappe en ons gestremde burgers; ons ­kleinboere, ons gemeenskappe, ons tradisionele owerhede, ons streke, studente en godsdienstige organisasies het 'n aandeel in die sektor. Ek kan met vertroue sê dat al hierdie belanghebbers binne die nuwe toekennings geakkommodeer is,” sê die minister.

Kawana sê egter die kraaines van eienaarskap in visvangmaatskappye moet eers ontrafel word voor hervorming van die visvangbedryf tot meer gelyke voordeel aan almal bereik kan word.

Hierdeur sal duidelik gesien kan word presies wie die miljarde se waarde in visfabrieke en visvang­skepe besit en ook hoe die meer as 7 200 viswerkers beter voordeel uit die bedryf kan trek.

[email protected]

Soortgelyk

 

Blitstoetse vir reisigers word nou aanvaar

3 ure gelede | Toerisme

Negatiewe blitstoetse vir reisigers word nou by grense aanvaar, het die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, vanmiddag aangekondig. “Negatiewe blitstoetse vir inkomende reisigers sal by grensposte...

Tot 100 mag vergader, geen maskers vir kinders onder...

4 ure gelede | Gesondheid

*Die aantal persone wat 'n openbare byeenkoms bywoon, verhoog van 50 tot 100 persone per geleentheid of dit binne- of buitemuurs is. *Organiseerders moet 'n...

Entstowwe van Covax binne drie weke verwag

4 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê volgens Covax sal Namibië in die volgende drie weke die land se beloofde entstowwe...

Unicef: Kinders se lewe het nie verbeter

9 ure gelede | Skole

Namibië is een van baie Afrikalande waar kinders se lewens ten spyte van ekonomiese groei nie verbeter het nie. Dit volgens Unicef se verteenwoordiger in...

Een persoon ontwikkel matige simptome ná Sinopharm-entstof

10 ure gelede | Gesondheid

Die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, sê net een persoon uit die meer as 800 wat met die Sinopharm-entstof teen Covid-19 ingeënt is, het...

Geen borg vir ‘tref-en-trap-lorriedrywer’

19 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die vragmotorbestuurder wat glo Sondagaand ’n voetganger langs die B2-hoofpad by Okahandja doodgery en weggejaag het, bly in aanhouding. Mnr. Efraim...

Weer vir Woensdag 31 Maart

19 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Ooswindtoestande sal oor die kusgebiede voortduur. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die suidweste en die noordooste, andersins gedeeltelik bewolk en...

Komsberg, juweel in Namibië se landboukroon

19 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer – “Ons wil nie die grootste plaas in Namibië wees nie, maar ons streef daarna om die beste plaas te wees en die...

Drie in hof oor horing in kattebak

19 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Drie vermeende renosterhoringsmokkelaars het Maandag in die landdroshof op Ondangwa verskyn en is borgtog geweier. Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan,...